Deur JOYLENE VAN WYK
10 April 2012

544 keer gelees | 0 kommentaar

Onderstepoort Biologiese Produkte gaan by die Verbruikerskommissie verkla word vir sy "ondoeltreffende entstof vir slenkdalkoors", aldus die DA.


Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) sal by die Verbruikerskommissie verkla word vir sy ondoeltreffende entstof vir slenkdalkoors, sê me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, bosbou en visserye.

Steyn wil hê die kommissie moet vasstel of verbruikersregte geskend is, want talle skaapboere wat hul vee vroeg verlede jaar teen dié siekte ingeënt het, moes toekyk hoe hul vee weens die siekte vrek.

Cape Wools, wat onafhanklike toetse laat doen het op die Smithburn- en die Kloon 13-entstof, het reeds bekend gemaak dat die entstowwe nie genoeg teenliggame opbou om diere doeltreffend teen die siekte te beskerm nie.

Eerste groot uitbreking
Die eerste groot uitbreking van die siekte in die land was in 1951. In 2010 was daar weer ’n uitbreking weens oormatige reën in die sentrale deel in die land.

Die eerste geval van slenkdalkoors is by Bultfontein in die Vrystaat aangemeld en tot Mei 2010 het sowat 6 300 diere gevrek. Teen daardie tyd het 19 mense gesterf.

Omdat die siekte nie ’n aanmeldbare siekte is nie, was boere nie verplig om die owerhede in kennis te stel nie, maar dit word tog gedoen.

Spesifieke toestande in SA
Steyn sê talle boere ent tans hul diere, terwyl hulle die produk wat hulle moet gebruik, ernstig wantrou. Ander voer ten duurste entstof vanaf ander lande in. Dié entstof kan dalk nie suksesvol wees nie, want dit is nie vir Suid-Afrika se spesifieke toestande ontwikkel nie.

Die OBP word deur die staat gefinansier en Steyn meen dat me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, moet antwoord of sy bewus is van die ondoeltreffende entstof en ook hoe haar departement kan verseker dat die siekte beheer word.

Nie Joemat-Pettersson se woord voerder of die OBP kon teen druktyd bereik word nie.

Heelwat skade berokken
Mnr. Salam Abram, ANC-LP, sê in die Vrystaat het die siekte heelwat skade berokken. “Die entstowwe het die boere baie geld gekos en die lammer-oeste het daaronder gely. Die hele waardeketting het daaronder gely en boere sukkel reeds met hoë produksiekoste en nou moet hulle dit ook nog verduur.”

Hy sê as ’n produk op die mark kom, moet daar integriteit daarin wees. “Boere het met vertroue die produk gekoop en dit is onvanpas dat groot verliese hulle in die gesig staar.”

Abram het benadruk dat dit nie net die boere is wat verloor het nie, maar dat die OBP ook sy integriteit en dié van sy produkte ingeboet het.

10 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights