Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Omnia sluit aanleg dalk

 

Omnia oorweeg dit om sy fosforsuuraanleg buite Rustenburg tydelik buite aksie te stel. Mnr. Rod Humphris, uitvoerende hoof van die maatskappy, het aangekondig dat hy tot 10 April dié moontlike staking van produksie sal takseer.

Rolspelers en die omliggende gemeenskappe sal by die proses betrek word. Dié aanleg het vir 36 jaar fosfaatgebaseerde produkte – vernaam fosforsuur – vervaardig.

Omnia Kunsmis het die aanleg oor die afgelope paar jaar reeds gesubsidieer in ‘n poging om dit in produksie te hou gegewe die groot hoeveelheid onverwerkte materiaal in Suid-Afrika. Daar moet nou weer in die aanleg belê word en heelwat faktore, soos die tekort aan swaelsuur, die styging van onverwerkte materiaal en spoorvervoer het ‘n slegte invloed op die lewensvatbaarheid van die aanleg,” sê Humphris.

Indien die aanleg sou sluit, kan 160 poste in gedrang kom. “Oor die afgelope vyf jaar moes twee nie-winsgewende fosforsuuraanlegte in Suid-Afrika gesluit word. Ons wil verseker dat ons evaluasie deeglik gedoen word voor enige besluite geneem word. Indien ons die aanleg buite aksie moet stel, wil ons dit so doeltreffend moontlik doen, met ‘n minimale uitwerking op rolspelers.”

Sasol Nitro het verlede Augustus ook aangekondig dat hy sy fosfaatbedrywighede in Phalaborwa wil beëindig.

‘n Volledige berig verskyn in 19 Februarie se Landbouweekblad.

8 Februarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.