Onderhandelinge oor Lesotho-grens stop

 

Vrystaat Landbou (VL) gaan geen verdere onderhandelinge met die Regering voer oor sy hofsaak oor die Lesotho-grens nie.

Die organisasie sê in sy maandelikse nuusbrief hy het sy regsverteenwoordigers finaal opdrag gegee om die hofsaak opnuut op die rol van die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein te plaas. Dit was al voorheen gedoen, maar die saak is teruggehou nadat die Regering se regsverteenwoordigers gevra het om eers daaroor te onderhandel en ‘n moontlike oplossing aan VL voor te hou.

VL sê egter nou die Regering het tot dusver versuim om die ooreenkoms wat hy oor polisiëring van die grens aangebied het, na te kom.

Tot dusver was daar ook nog geen konkrete aanduiding van die Regering oor wanneer die SA Nasionale Weermag weer op die Lesotho-grens ontplooi gaan word nie, soos vroeër beloof.

Lees ook:

GSA help met Lesotho-grens

11 Maart 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.