|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die Nasionale Padagentskap het onderneem om 'n onafhanklike ondersoek te laat doen na die invloed van tolgeld op die landbou.
Die onderneming spruit voort uit 'n vergadering tussen Agri Suid-Afrika en die agentskap om die moontlikheid van 'n nasionale konsessie op tolgeld vir die landbougemeenskap te bespreek.
Mnr. Kobus Visser, direkteur van owerheidsdienste van Agri SA, sê hoë tolgeld is 'n ernstige probleem vir boere. Boere in Mpumalanga wat daagliks vrugte en groente aan markte lewer, betaal sowat R43 miljoen per jaar aan tolgeld.
Mnr. Visser sê die padagentskap was die landbou se probleem simpatiek gesind en het onderneem om die studie te doen om die omvang van 'n nasionale konsessie te bepaal in gevalle waar produkte oor lang afstande vervoer moet word. Hy sê plaaslike konsessies kan individueel in die verskillende gebiede beding word.
Daar is ook besluit dat die padagentskap 'n ondersoek sal doen na afritte vir boere op die N3 in die omgewing van Warden in die Vrystaat. Mnr. Visser sê daar is sowat 200 plekke waar boere vanuit die snelbaan na regs moet afdraai om op plaaspaaie te kom en daar is gereeld ongelukke.
27 Junie 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24