|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Hy verwelkom die versoek van die Natalse wolboere dat die strukture van die wolbedryf ondersoek word met die oog daarop om dit eenvoudiger en meer bekostigbaar te maak, het mnr. Izak van der Merwe, nasionale voorsitter van die NWKV, gesê.
Bestaande strukture soos die Woltrust, die artikel 21-maatskappy Cape Wools, en ander is strukture wat oor die tyd om bepaalde redes tot stand gebring is.
In 'n omvattende ondersoek na al die strukture sal na dié redes gekyk moet word.
Cape Wools het byvoorbeeld 11 direkteure en 'n werkerskorps wat uitvoering moet gee aan die versoeke van die Wolforum. Die begroting daarvoor beloop 'n aansienlike bedrag.
Dié maatskappy skep egter 'n voertuig en die infrastruktuur wat belangrik is vir die bedryf.
Hy glo van die strukture gaan in die volgende paar jaar nog belangrik wees vir die behoud van die bedryf, mits dit reg aangewend word.
13 Februarie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24