Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Ongerymdhede-obp

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Ongerymdhede by OBP?

 

Ná verskeie klagtes teen dr. Andile Dyasi, uitvoerende hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), “verseg” me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, om dié klagtes te ondersoek, sê Solidariteit.

Luidens ‘n verklaring hou die minister vol dat die OBP-raad nie dissiplinêre stappe teen Dyasi mag neem nie. Slegs sy het die mag om dit te doen.

Die klagtes teen Dyasi is vroeër deur die raad bespreek en daar is besluit om dissiplinêre stappe te neem. Hy het intussen aansoek gedoen vir  ʼn interdik teen die beoogde stappe deur die raad.

Omstredenheid oor dienskontrak
Volgens die vakbond is ʼn formele dienskontrak tussen Dyasi en OBP na bewering nooit deur die minister bekragtig nie.

Dyasi het glo ook nie sekerheidklarings, wat deel van die voorvereistes van die aanstelling is,  gekry nie. Solidariteit sê deel van die aanstellingsproses is die verkryging van sekerheidsklaring omdat die OBP as ʼn nasionale sleutelpunt ingevolge die relevante wetgewing verklaar is.

Onprofessionaliteit
“Minister Joemat-Pettersson se optrede is baie onprofessioneel. Nie net is daar duidelike vraagtekens oor die wettigheid van Dyasi se aanstelling by OBP nie, maar nou dat daar ernstige klagtes teen hom gelê is, gaan sy uit haar pad om hom te beskerm, terwyl dieselfde proses destyds ook met die skorsing van mnr. Jacob Maroga by Eskom gevolg is, waarna bevind is dat die raad binne sy regte opgetree het,” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die klagtes teen Dyasi sluit in onder meer beweerde bedrog, wangedrag, selfverryking, diskriminasie teen vakbonde en oneerlikheid. Hy is in April geskors, maar het aangedring dat die skorsing weens ‘n brief van die minister ter syde gestel moet word. Volgens die brief is slegs die minister by magte om hom te skors en moes hy onmiddellik terugkeer werk toe.

Hy het glo ook geweier om ‘n tugverhoor wat die raad in Mei geskeduleer het, by te woon.

Dyasi se aansoek vir ʼn interdik teen die beplande dissiplinêre optrede deur die raad, kom Donderdag (9 September) in die hof voor.

8 September 2010

0
 
 
  • 1078 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

GW RAAD 
08 Sep 2010 15:27

ONGELOOFLIK HOE ONAANTASBAAR SEKERES IS.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grondoordrag: Te min geld die haakplek
  • Hollandse boere dol op sokker
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction