|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Gebrek aan tydige optrede in 'n plakker-situasie in die landelike gebied van Nokeng tsa Taemane, noordoos van Pretoria, laat gemoedere daar hoog loop en boere meen die situasie kan "handuit ruk".
Onrus broei in dié munisipale gebied weens die munisipaliteit en die SA Polisiediens van Cullinan se hantering van onwettige plakkery by De Wagensdrift.
Inwoners van die gebied beweer die munisipaliteit en die SAPD het vooraf geweet dat plakkers hulle hier gaan vestig en het blykbaar "niks gedoen om dit te keer nie".
Die SAPD beskuldig die munisipaliteit van laksheid en die munisipaliteit meen die SAPD weet nie wat sy plig is nie.
Plakkers het op 24 April begin om hutte op te rig op 'n onbewoonde stuk grond by De Wagensdrift. Volgens hulle het die plaaslike ANC-kantoor toestemming daarvoor gegee.
Na bewering is die Cullinan-munisipaliteit en die SAPD onmiddellik deur boere en 'n raadslid daaroor ingelig voor bewoonbare strukture opgerig is.
Nie een van die partye het opgetree nie.
Volgens 'n woordvoerder van die SAPD "mag die Polisie niks doen voordat die eienaar van die grond waar geplak word, 'n hofbevel kry wat aan die polisie opdragte gee nie, anders moet die polisie vir die plakkers blyplek gee".
Die eienaar was nie bewus van die plakkery nie. Die munisipaliteit se regsafdeling het nou opdrag gekry om hom by te staan met 'n hofaksie om 'n uitsettingsbevel te kry.
Volgens 'n raadslid, mnr. Philip Oelofse, is die gebied nie geskik vir huisvesting nie omdat daar geen water- en sanitasiediens is nie.
14 Mei 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24