Die ontwikkeling van ‘n saamgestelde strategie vir landelike ontwikkeling kan nie langer uitgestel word nie, het mnr. Norman Shushu, Noord-Kaapse LUR vir die landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in sy begrotingstoespraak in die provinsiale wetgewer in Kimberley gesê.
Só ‘n strategie moet die golf van mense keer wat uit landelike gebiede na stede migreer, en onbehoorlike druk op stedelike gebiede se infrastruktuur plaas, het Shushu gesê. Sy standpunt is in pas met ‘n toenemende besef onder beleidmakers dat die landbou een van die belangrikste wapens in die stryd teen armoede is.
“Ons beskou die ontwikkeling van ‘n omvattende strategie vir landelike ontwikkeling as deel van ‘n allesomvattende industriële beleid vir ons land en provinsie,” het Shushu gesê.
30 Junie 2009
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)