|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
“Dit is bitter jammer dat soveel skade reeds gedoen is, maar ons is verheug oor die aankondiging.”
Dít is die reaksie van dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, na mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming aangekondig het dat die oordrag van 30% van die land se grond voor 2014 vir eers op die agtergrond geskuif is.
Luidens ‘n berig van Sake24.com het Nkwinti verlede week tydens Agri SA se bedryfs- en boerontwikkelingskonferensie gesê die departement het nie die R72 miljard wat nodig is om dié mikpunt te bereik. Hy het glo gesê die departement sal nou fokus op die heropbou van plase wat as deel van die grondhervormingsproses vervalle geraak het.
Sowat R4 miljard is hiervoor bewillig.
Fokus verskuif na vennootskappe
Nkwinti het gesê daar sal nou fokus wees op die sluiting van vennootskappe eerder as om van voorligtingsbeamptes en konsultante gebruik te maak. Die minister gee te kenne dat die oordrag van grond van een groep na ‘n ander spanning veroorsaak het. Baie boere op wie se plase daar eise was het in onsekerheid geleef terwyl diegene wat die eise ingestel het ongeduldig geraak het met die sloerdery van die eise.
Dit is glo een van die redes vir die departement se besluit om ‘n ander rigting in te slaan. Volgens Nkwinti moet die herbouingsproses gepaard gaan met die aanleer van produksiedissipline en die erkenning van plaaswerkers se regte. Die ontlonting van spanning tussen rasse in landelike gebiede is ook een van sy prioriteite.
“As ons dit nie doen nie, het ons kinders nie ’n toekoms nie. Dr. Anton Rupert het al gewaarsku dat as die mense nie iets het om te eet nie, kan ons nie slaap nie,” het Nkwinti gesê.
Goeie en slegte nuus vir die landbou
De Jager meen dié aankondiging is goeie en slegte nuus vir die landbou. “Ons probeer al vir 10 jaar die boodskap oordra dat grond produktief gebruik moet word en nie ‘n ‘nice to have’ is nie. Dit is net sleg vir die boere wat al hoe lank wag vir ‘n eis om afgehandel te word en intussen nie behoorlik kon boer nie,” vertel De Jager.
Hy sê daar is tans honderde boere met hofsake teen die departement weens sloerende eise.
Ander model nodig
De Jager meen die Regering moes dieselfde model as Namibië gevolg het vir die restitusieproses om suksesvol te wees. Hy sê in dié land word grond slegs toegeken aan eisers wat kan bewys dat hulle produksie kan volhou en die plaas suksesvol bestuur, andersins word eisers geldelik vergoed.
“Ek dink nie die restitusieproses wat tans gevolg word gaan vir die volgende 100 jaar suksesvol wees nie. As ons net die korrupsie wat tans in die proses betrokke is kan uitsny, sal dit meer suksesvol wees. Die probleme met opgeruimdheid in die departement en proses is omvattend,” verduidelik De Jager.
Lees ook:
Nkwinti belowe Dysselsdorp R66m.
Bron:
1 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ai tog, dat ons soveel geld moes mors en produksieverlore laat gaan , voordat egsonde verstand seevier.Gee mense blyplek by dorpe en stede waar werksgeleenthede en dienste is.Vestig verdienstelike swart boere en wit boere help hulle oral.Nou is daar hoop en op streekvlak kan boereverenigings beslis betrokke raak en die nuwe swart boere steun
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)