|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Met die prys van olie en brandstof wat bly styg en kommersiële boere wat steeds meer sukkel om winsgewend te boer, is dit tyd dat Suid-Afrika ’n eie biobrandstofbedryf nou ernstig oorweeg,” het dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, in die debat oor die landboubegroting in die Parlement gesê.
Hy sê die vrees dat biobrandstof die pryse van voedsel sal laat styg, is ongegrond. Die stygende oliepryse het tans ’n ernstiger invloed en laat alle pryse styg.
Die huidige afhanklikheid van buitelandse invoer vir veral stapelvoedsel kan vir Suid-Afrika op lang termyn noodlottige risiko’s inhou. Daarom behoort ons in Suid-Afrika te strewe na voedselsekerheid uit eie bronne.
Biobrandstof uit ons oorskot mielies en/of suiker kan grootliks daarmee help,” volgens Mulder. “Wat gebeur as buitelandse pryse, byvoorbeeld, skielik buitensporig styg en daar intussen, weens graaninvoer, nie meer Suid-Afrikaanse graanboere oor is om binnelands te produseer nie,” het Mulder gevra.
Hy het ook gesê dat in die lig van die steeds stygende produksiekoste van wyn, dit belangrik is dat met die Minister van Finansies gepraat word om die belasting daarop te verlig.
3 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Plaaslike biobrandstof vervaardiging sal lei tot werkskepping, verbetering van betalingsbalans, lanbou-ontwikkeling, brandstof sekuriteit, besparing in vrystelling van groen huis gasse, ens. Die voordele is veel meer as die moontlike gevolg van voedselprys-inflasie.
Dit is 'n algemene tendens dat indien 'n landbougewas se prys styg, meer boere op die wa klim en die betrokke item se prys oor tyd weer stabiliseer. Al sou 'n bepaalde gewas, soos mielies, se prys op 'n hoër vlak stabiliseer weens biobrandstof, beteken dit daar gaan potensieel meer boere wees wat mielies produseer en/of groter oppervlaktes onder mielies. **** meer mielies, hoe groter voedselsekuriteit.
Lae mieliepryse het negatiewe impak op voedselsekuriteit, aangesien dit tot gevolg het dat sommige boere ophou om mielies te plant of hulle aanplantings verminder. Dit sal lei tot voedselprys-inflasie
Biobrandstof, tesame met ander hernubare bronne van energie, moet in SA ondersteuning geniet.
Ai Dr. - miskien moet ons eerder BBBEE probeer, as om by die "vrees dat voedselpryse sal styg" - boom te blaf. Sterkte.
Die vorige regering het vir ons gelieg toe die belastingbetasler se geld vir SASOL gegaan het en toe vir MOSGAS. Nou soek julle weer geld vir biobrandstof. gaan dit nie by my kry nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)