Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Oos-kaap-baklei-vir-droogtehulp

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Oos-Kaap baklei vir droogtehulp

 
Deur ALANI JANEKE
Droogte. Foto: Earthclinic.com
Droogte. Foto: Earthclinic.com

Agri Oos-Kaap het sy provinsiale departement van landbou versoek om voor die einde van die huidige geldjaar die R26,9 miljoen wat vir droogteramphulp beskikbaar gemaak is, uit te betaal. Mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter, en een van sy raadslede het met die departement vergader omdat die uitbetaling van die fondse glo sloer.

Die Regering het in September verlede jaar reeds die fondse aan die provinsiale departement van landbou beskikbaar gestel ná ‘n groot deel van die provinsie as ‘n rampgebied verklaar is.

Pietersen sê daar is ernstig beswaar gemaak teen die werkswyse van die departement. Hy sê daar is twee klerke aangestel om al die aansoeke wat vanaf die boere ontvang word, te verwerk. “Daar is ‘n magdom aansoeke ontvang. Uit die Amatola-omgewing naby Oos-Londen het die departement derduisende aansoeke ontvang.”

Diensverskaffers moes ook geakkrediteer word sodat hulle goedere aan boere wat wel later fondse ontvang, mag verkoop. Pietersen sê die voorkoming van moontlike korrupsie en misdaad wat die fondse betref, het ‘n enorme hoeveelheid rompslomp vir die departement tot gevolg gehad.

Satelliete nie meer enigste metode
Volgens Pietersen is die departement ook oorreed om sy metodes om vas te stel watter boere hulp moet ontvang, te verander. Hy sê die departement wou net van satellietfoto’s gebruik maak, maar dit sou nie akkuraat wees nie aangesien baie plantegroei in die omgewing immergroen is en sekere dele dus nie droog lyk nie.

“Die weerkantoor het ook aan ons gesê dat hulle satelliete in klowe en op berge nie so akkuraat is nie”. Pietersen sê derhalwe het die departement instem dat besluitnemers elke gebied moet besoek en sodoende vas stel wie fondse moet ontvang. “Daar is baie boere wat ook al gevra het om sogenaamd “ontlys” te word, aangesien daar reeds in sommige dele van die Ukhahlanpa munisipale distrik reën geval het”. 

Nog fondse
Agri Oos-Kaap het ook van die departement versoek om te verseker dat elke boer wat vir droogtehulp kwalifiseer oor vier weke hulle dokumentasie om voer aan te koop in hulle hande sal hê. “Ons wil hê dié bedrag moet voor die einde van die huidige geldjaar uitbetaal wees sodat die departement vir nog fondse kan aansoek doen. Daar is aanvanklik vir R121 miljoen gevra, maar slegs die R26,9 miljoen is aan ons toegestaan.

Agri Oos-Kaap het ook van sy administratiewe personeel beskikbaar gestel om die departement by te staan. Die Oos-Kaap word die afgelope drie jaar al deur droogte geteister.

14 Januarie 2010

0
 
 
  • 1613 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

garth 
16 Jan 2010 18:10

pathetic we needed help 5 months ago but no vein ,that puts 1 cash flow under pressure or is thus to get farmers off the land

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Vat onteiende plaas terug'
  • Span natuur in en verlaag koste en risiko
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction