|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Droogtegeteisterde boere in die Oos-Kaap kan moontlik eersdaags voordeel trek uit droogtehulp van R20 miljoen.
Diegene wat om droogtehulp aansoek gedoen het en aan die nodige vereistes voldoen, behoort binne ’n maand voordeel te trek uit die R20 miljoen wat die Regering vir dié doel beskikbaar gaan stel.
Mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê op ’n vergadering met amptenare op Bisho is verduidelik dat die vertraging in uitbetaling te wyte is aan die duisende aansoeke wat ontvang is en eers verwerk moes word.
“Ons het die onderneming gekry dat boere wat aan die kriteria vir droogtehulp voldoen, binne die volgende maand die nodige dokumente sal kry om aansoek om uitbetaling te doen. Die hulp is nou ook uitgebrei na boere in die immergroen-deel van die provinsie, terwyl die distrik Ukhahlamba in die noordoostelike deel van die provinsie nou van die lys verwyder is.”
Pietersen sê daar word nog gewag op die beskikbaarstelling van ’n verdere R6,9 miljoen waarom ook reeds aansoek gedoen is. Agri Oos-Kaap het die provinsiale regering versoek om nou al die nasionale Regering te nader om verdere hulp in die nuwe boekjaar.
26 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is baie bly om te verneem van die heerlike reën daar in jul omgewing. Ek het nou onlangs 'n eerste jaartjie op Potch kampus gaan aflaai en was verstom om te sien hoe mooi die beeste en veld daar in jul omgewing lyk. Dit het my weer met diepe dankbaarheid gevul en ek het geweet dat daar ook vir ons hier in die Oos-Kaap weer uitkoms sal wees. Ons moet nie op weervoorspellings staat maak nie, maar op God bly vertrou en weet dat alles sal geskied soos wat Hy vir ons beplan het. Met diepe dankbaarheid kan ek sê dat ons gister en vanaand so 'n bietjie reën gekry het, net genoeg om die sonverskroeide gras weer nuwe lewe te gee. Ek glo ons diere jubel saam met my. Vriendelike Oos-Kaap groete.
Hier reent dit en damme loop oor, Bloemhof dam se sluise is oop en huise moes ontruim word wat teen die Vaal rivier le en dan lees ek van die Oos-Kaap se droogte.My hart gaan uit na daardie boere in die Oos-Kaap.Ons hier in die Noord-Wes weet hoe erg droogte kan wees.Dit laat my weer besef hoe dankbaar ons moet wees vir die reent.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)