Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Opswaai-wink-vir-sa-landbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Opswaai wink vir SA landbou

 
JOHAN NORVAL (jnorval@landbou.com)

Beter tye wag vir die landbou, maar dan moet boere ingelig wees oor plaaslike en internasionale gebeure en hulle só posisioneer dat hulle die geleenthede wat opduik, kan aangryp.

Baie faktore dui daarop dat die Suid-Afrikaanse landbou-ekonomie 'n moontlike opswaaifase kan betree. Winsgrense kan, hoewel dalk nie so duidelik in 2006/07, op lang termyn verbeter, sê prof. Herman van Schalkwyk, dekaan van die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat.
Die boer sal egter verskeie aspekte van die plaaslike én die wêreld-ekonomie in ag moet neem as hy sy stempel wil afdruk. Die sleutel tot sukses is om te weet hoe om uit mislukking voordeel te trek. Van Schalkwyk was een van die sprekers op 'n boeredag van die Hoërskool Kroonstad.

Die produsent moet hom deeglik vergewis van die Suid-Afrikaanse en internasionale gebeure en neigings wat op die makro-ekonomiese situasie inwerk. Hy moet ook ag slaan op die verwagte kommoditeitsvooruitsigte en ander omstrede onderwerpe, soos grondhervorming en swart ekonomiese bemagtiging, wat die omstandighede van die komende produksiejaar kan beïnvloed.

Van Schalkwyk sê die landbousektor hou heelwat geleenthede in vir dié wat dit aangryp. Met die stygende voedselpryse word daar 'n styging in inflasie verwag, en 'n verdere styging in inflasie kan en/of sal tot 'n verhoging in rentekoerse lei. Een van die kostefaktore wat die grootste uitwerking op alle boere gaan hê, is die hoë brandstofpryse.

Ander rigtingwysers vir die boer is onder meer die volgende:

  • Posisioneer jouself.
  • Ondersteun die bedryfsliggame om dít te verander wat jy as enkeling nie kan nie.
  • Die boer moet so doeltreffend as moontlik wees.
  • Weet wanneer om te koop en te verkoop. Die prys wat die produsent vir sy produk kry, hang grootliks af van die tyd waarop hy die produk bemark.
  • Ken jou mededingers.
  • Verskans jouself teen prysverandering.
  • Identifiseer moontlike nismarkte/nisprodukte.
  • Die boer se mark moet tred hou met die verandering in verbruikersneigings.

    Op die internasionale front is dit die Midde-Oosterse krisis wat die markte op die huidige tydstip verwring. Dié onrus veroorsaak dat beleggers veilige beleggings soek.

    Van Schalkwyk sê die Amerikaanse dollar is een van hierdie veilige beleggings wat veroorsaak dat die rand se waarde daal.

    Hy sê die Suid-Afrikaanse uitvoerder verstaan nie die Asiatiese markte nie. China as die nuwe ontluikende ekonomiese reus het 1,3 miljard inwoners. Die Chinese ekonomie het met 10,2% in die eerste kwartaal van 2006 gegroei, en dié groei sal na verwagting stabiel bo 9% bly. Dié mark ondervind ook 'n vinnige groei in die vraag na kommoditeite en slegs 2% van die Chinese landbouproduksie word uitgevoer.

    Is China 'n moontlike geleentheid of bedreiging?

    Van Schalkwyk sê Suid-Afrika behoort 'n groter aandeel in dié snel ontwikkelende mark te bekom.

    Suid-Afrika ondervind eweneens tans soortgelyke versnelde ekonomiese groei. 'n Aanduiding hiervan is dat Eskom nie in die vraag na elektrisiteit kan voorsien nie. "So kan ook gesê word dat plaaslike universiteite en nywerhede in die spervuur is om in die vraag na groei te voorsien."

    " 'n Paradigmaskuif is nodig sodat die Suid-Afrikaanse ekonomie uiteindelik selfs van die Chinese geldeenheid in die beoordeling van die geldmarkte sal moet kennis neem," sê Van Schalkwyk.

    Naas Asië is Afrika die ander markbestemming waarvan plaaslike produsente en uitvoerders moet kennis neem. Hy sê Afrika en Asië is albei wêrelddele waar die bevolkingsgetalle en die bevolking se besteebare huishoudelike inkomste aan die toeneem is. Tans is 26 % van Suid-Afrika se landbou-uitvoer vir Afrika bestem.

    Die ekonomiese groei van Afrika suid van die Sahara word volgens die Internasio-nale Monetêre Fonds teen 5,6 % geprojekteer.

    Die ekonomiese groei van Afrika is veral vir Suid-Afrikaanse produsente belangrik. Die meeste van Suid-Afrika se vryhandelsooreenkomste is met lande van Suider-Afrika, waarvan die volgende die vernaamste uitvoerbedrae vir 2003 is:

  • Zimbabwe - R6,5 miljard;
  • Mosambiek - R5,6 miljard;
  • Zambië - R5,6 miljard;
  • Angola - R3 miljard;
  • Nigerië - R2,5 miljard;
  • Kenia - R2,2 miljard;
  • Mauritius - R2 miljard;
  • Tanzanië - R1,8 miljard;
  • Malawi - R1,7 miljard;
  • Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) - R1,2 miljard en
    Ghana - R1,1 miljard.

    Van Schalkwyk sê wat toekomsbeplanning betref, moet Suid-Afrikaanse produsente kennis neem van die veranderende patrone wêreldwyd.

    China en Indië toon vinnige ekonomiese groei en saam het China en Indië meer as 'n derde van die wêreld se bevolking. Angola is die ekonomie in Afrika wat die vinnigste groei (2004 tot 2005). Die meeste verbruikers raak meer gesofistikeerd, en daarom verander hul voedselbehoeftes.

    Ten opsigte van veranderende verbruikersneigings, moet Suid-Afrika kennis neem dat die Europese verbruikers ál ouer word en dat verbruikers meer gesondheidsbewus raak.

    Die aantal huishoudings in die ontwikkelde lande neem toe, maar die grootte daarvan neem af, wat 'n verandering in die verbruik van voedsel meebring (meer wegneemetes). Daar is ook 'n toename in die kossoorte wat vinnig voorberei kan word (kitskos).

    Met verwysing na die Suid-Afrikaanse makro-ekonomie is die vraag of die ekonomie besig is om te oorverhit en wat algemene prysverhogings en stygende arbeidskoste tot gevolg sal hê. Die ander vraag is of Suid-Afrika 'n soort eksterne aanbod-skok moet verwag wat tot die verhoging van kommoditeitspryse sal lei.

    Die invoer van landbou-produkte is Suid-Afrika se voorland - ten minste op kort termyn. Die afgelope seisoen is sowat 1 miljoen hektaar minder somergraan geplant. Mielies, koring en oliesade sal ingevoer moet word om in die vraag te voorsien.

    Diereprodukte word ook meer ingevoer weens onvoldoende binnelandse produksie. Die hoofredes hiervoor is: Diefstal van skape, siektes by hoenders en varke, en 'n afname in die voorsiening van beesvleis uit Namibië en Botswana.

    Wat mielies betref, is die internasionale mielievoorraad die laagste die afgelope 30 jaar. Groter plaaslike produksie sal eers teen die einde van 2007 beskikbaar wees. Die voorspelling is dus dat mieliepryse sywaarts sal beweeg en selfs sal styg.

    Die internasionale eindvoorraad van koring vir 2006/07 sal na verwagting die laagste in 25 jaar wees. Koringaanplantings in Suid-Afrika kan met 1,6% daal tot 793 500 ha vir die seisoen 2006/07. Nagenoeg 1 miljoen ton koring moet ingevoer word om in die plaaslike vraag te voorsien. Die koringprys sal na verwagting op die huidige vlakke stabiel bly, met moontlik geringe prysstyging.

    Suid-Afrika is 'n invoerder van kookolie. Daar is tans 'n internasionale skaarste ten opsigte van kookolie, wat sal lei tot prysverhogings. Oliesaad sal na verwagting internasionaal duur bly.

    Die wêreldvraag na sojabone gaan die aanbod daarvan in 2006/07 oortref. Dit gaan veroorsaak dat die wêreldvoorraad gaan afneem.

    Die produksie van sonneblomsaad in Suid-Afrika het met verloop van tyd gestagneer. Huidige prysvlakke van R2 300 per ton op lang termyn vir sonneblomme is die gevolg van die prysstygings van die laaste kwartaal. Verdere prysstygings vir sonneblomme ondervind weerstand op R2 300 per ton weens historiese prysneigings. Die moontlike lae opbrengste kan verdere opwaartse druk op pryse plaas.

    Vleispryse het deurlopend op alle vlakke gestyg. Stygende voerkoste gaan verdere prysstygings noodsaak om koste te kan absorbeer. En dan is daar nog die voëlgriepbedreiging wat vleispryse verder die hoogte kan laat inskiet.

    Die betreklik hoë verbruikersprys van lamsvleis in vergelyking met bees en vark is 'n aanduiding dat die lamsvleisbedryf ál meer 'n nismark in Suid-Afrika word. Met die afname in skaapgetalle en ook skape wat geslag word, sal meer skaapvleis in die toekoms ingevoer moet word.

    In die eerste kwartaal van 2006 het Suid-Afrika 37,5% minder beesvleis van oorsee af ingevoer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. In die eerste kwartaal van 2006 het Suid-Afrika 30,4% minder beesvleis uit Namibië ingevoer as in die ooreenstemmende tyd van 2005.

    Ten spyte van menige uitbrekings van voëlgriep is die produksie en verbruik van en handel in pluimveeprodukte steeds sterk in geselekteerde lande en aan die styg.

    Die nasionale gemiddelde varkkuddegrootte sal na verwagting vanjaar dieselfde bly weens die uitbreek van varkkoors in die Oos-Kaap verlede jaar. Varkpryse volg 'n sikliese neiging, met 'n jaarlikse laagtepunt gedurende Junie/Julie en 'n hoogtepunt in Desember/Januarie. Die gemiddelde varkprys in Maart vanjaar was 10,1% laer as in Maart 2005, en 7,3% laer as die Maart-gemiddelde oor drie jaar.

    Landbouweekblad, 6 Oktober 2006

  • 5
     
     
    • 1906 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Swerwers sonder rigting en Koedoes wat nooit rus nie
    • Inenting van dragtige ooie met lewende ensoötiese aborsie-entstowwe
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction