|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
‘n Groot stryd woed om die naam “Osbloed” tussen ‘n wynmaker van Somerset-Wes en Os du Randt, Springbok-rugbyspeler.
Aan die een kant is ds. Bertus van Niekerk, ’n ontstoke waenhuis-wynmaker van Somerset- Wes, en aan die ander kant een van Suid-Afrika se grootste rugbylegendes, Os du Randt.
Bewyse
Van Niekerk het aan Landbouweekblad bewys dat hy reeds op 1 Desember verlede jaar die naam by die Suid-Afrikaanse Wynbedryf- en Inligtingstelsels (Sawis) geregistreer het vir sy Shiraz/Cabernet Sauvignon-versnit.
Hy het ook op 30 Mei vanjaar by die elektroniese diens vir die registrasie van intellektuele eiendom (CIPC) aansoek gedoen om die naam te registreer. Volgens dokumente wat Van Niekerk verskaf het, het Ten90 Wines (die maatskappy wat Du Randt en kie verteenwoordig) eers drie dae later daarom aansoek gedoen.
Van Niekerk het ook kommunikasie met kleinhandelaars gestuur om te bewys dat hy reeds verlede jaar met hulle onderhandel het om sy wyn op Stellenbosse winkelrakke te kry.
Generiese naam?
Een van Du Randt se vennote, mnr. Eion (Klaas) Du Toit het egter tydens die bekendstelling van die wyn aan verskeie lede van die media gesê hy het die rugbyspeler op ’n braai in die Vrystaat ontmoet. Die volgende oggend het die idee om ’n rooiwyn onder die naam Osbloed te bemark, hom getref.
“Ons het verskeie regsmenings verkry wat aan ons gesê het ‘osbloed’ is ’n generiese naam, soos rooibostee, so enigeen kan dit gebruik.” Voorts het hulle reeds twee briewe aan Van Niekerk geskryf waarin hulle hom vra om bewys te lewer van sy aantygings, maar het geen reaksie gekry nie.
Van Niekerk is bekommerd oor die uitwerking wat hierdie “kaping” van sy handelsmerk op die res van die wynbedryf kan hê. “In die wynbedryf is min handelsmerke geregistreer.
’n Wynplaas sal byvoorbeeld die plaas se naam registreer, maar nie elke etiket op die plaas nie omdat registrasie ’n lang en duur proses is. Indien Os du Randt toegelaat word om my handelsmerk te kaap, sal dit ’n pandemonium in die wynbedryf veroorsaak.
12 Augustus 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Sommige mense dink darem wragtag baie van hulself. Nee, wat, "osbloed" is 'n naam wat in die algemene omgangstaal al dekades lank gebruik word om na droê rooi wyn te verwys.
En dit is nou boere wat so teenoor mekaar reageer. As Os sy bekendheid wil gebruik of nie, is dit mos sy keuse, hy het dit immers verdien. Dit gaan tog oor die wyn, aldan nie? Bertus, dalk moet jy by Angus gaan kers opsteek, hy sal jou met jou "bekendheid"-dilemma kan help. Enigiemand iets daarteen dat ek Windpopsherrie wil gebruik as handelsnaam vir my gebottelde boorgatwater?
Ai, Klaas se navorsing is al weer nie goed nie. Daar is al 'n dekadelange stryd om die internasionale registrasie van die handelsmerk "Rooibostee".
Ai, Klaas se navorsing is weer nie op die bol nie. Enigeen kan nie vir enigiets die woord "Rooibostee" gebruik nie. Lees http://www.landbou.com/markte/markberigte/stryd-oor-rooibostee-fokus-op-...
Osbloed is osbloed, van kindsbeen af.
Melkboer, stem 100% saam. Ek dink osbloed is soos rooibostee....laat hulle dit noem wat hulle wil, die beste "waarde vir geld" wyn sal verkoop, die ander een nie. Letterlik 'n geval van "suur druiwe" miskien? he he
"brandy en coke" is polisie koffie
Ek drink al vir baie jare osbloed, lank voor hierdie ds op die toneel gekom het. Dit is onbegryplik dat hy dus die naam kon registreer. Beteken dit nou ek "tiermelk" as my handelsnaam registreer of erger nog "brandy-en-coke"?
Ek dink dit sal eerder 'n positiewe uitwerking op Van Niekerk se wyn hê. Mense sal dalk sy wyn verwar met Os s'n en so meer koop. Dit kan 'n wen-wen situasie wees!
Bertus van Niekerk het in 2010 al met sy wyn en 'Osbloed' naam begin. Du Toit en Du Randt is net moedswillig en weier om bes te gee bloot oor Os se bekendheid. Hulle tree skandalig op! Viva Bertus en sy heerlike Osbloed wyn!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)