Ou wette vir grond weer van krag

 

Alle wette wat die Wet op Kommunale Grondregte (Clara) nietig gemaak het, is nou weer van krag, sê mnr. Mdu Shabane, adjunkdirekteur-generaal vir die Departement vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Die Grondwethof het in Mei Wet nr. 11 van 2004 ongeldig en ongrondwetlik verklaar.

Vier gemeenskappe, Kalkfontein, Dixie in Mpumalanga, Makgobistad in Noordwes en Makuleke in Limpopo, het aangevoer dat parlementêre prosedure wat gevolg was met die bepaling van die wet, verkeerd is en dat die wet in stryd is met die bepalings vir verblyfsekerheid en geslagsgelykheid in die Handves van Menseregte, en dat die wet grondregte in die kommunale gebiede meer onseker maak.

Shabane het aan die Parlement se portefeuljekomitee vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gesê dat die departement nie anders kan as om gehoor te gee aan die hofuitspraak nie. Gevoglik beteken dit dat, totdat daar ander wetgewing kom, ou wetgewing voor die aanvang van Clara weer van krag is.

Die gevolge van die hofbeslissing is dat geen wetgewing bestaan wat verblyfsekerheid vir mense in kommunale gebiede bied nie.

Nuwe wetgewing
Hy het aan die komitee verduidelik dat die hofbeslissing egter nie ‘n vakuum laat nie omdat die Wet op die Tussentydse Beskerming van Informele Grondregte ( Wet 31 van 1996) wat steeds van krag is. Die departement sal nou met die opstel van nuwe wetgewing vir verblyfsekerheid moet verseker dat hy die regte prosedure volg en verseker dat die grondwetlikheid daarvan betwis kan word nie.

Mnr. Zwelivelile Mandela, ANC-LP, wou by die departement weet of die inbelsentrum waar mense wat van plase afgesit word, hulp kan kry, werklik doeltreffend is. Hy en ander LP’s het bevraagteken waarom ná drie jaar sedert die sentrum se bestaan, slegs 207 sake gefinaliseer is van die totale 907 wat opgeneem is.

Mnr. Vela Mngwengwe van die departement het uitgewys dat 106 van die 207 in die guns van die bewoners beslis was, 19 teen die bewoners beslis, 34 is geskik met ‘n ooreenkoms tussen die eienaar en die bewoners en 23 moes nooit vir regshulp verwys gewees het nie.

8 September 2010

2.5
 
 

Kommentaar

Quinice

Boere, (myself ingesluit) KEN JOU REGTE EN veral JOU PLIGTE. Moenie ons "boere"-naam deur die modder sleep deur mense onregverdig, of nie volgens wetlike prosedures, te behandel nie. As een "boer" (of dikwels grondeienaar - wat nie 'n boer is nie) 'n oortreding begaan, word dit aan die groot klok gehang en die hele boerdery-gemeenskap in Suid-Afrika ly daaronder.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.