‘n Dag voor Agri SA se misdaadberaad, waar landelike- en plaasgeweld bespreek is, is ‘n 82-jarige vrou van ‘n plaas naby Ashton in die Wes-Kaap na bewering verkrag.
Luidens ‘n berig van IOL is die vrou na bewering tydens ‘n middagslapie deur ‘n 25-jarige man, wat voor haar grootgeword het, oorval en verkrag.
“Om te dink ‘n man wat voor my grootgeword het kan so ‘n vreeslike ding aan my doen,” vra sy.
Verdagte aangekeer
Die vrou se 52-jarige dogter het op die toneel afgekom, na bure gevlug en die Polisie ontbied. Die man het in sy huis gaan skuil, waar hy in hegtenis geneem is.
Die dogter sê toe sy vir die man vra wat dink hy doen hy, het hy geantwoord hy “speel met ouma”. Hy het vandeesweek in Montagu se landdroshof verskyn. Die man staan glo ook tereg op ‘n klag van die aanranding van ‘n gestremde meisie.
Boer sal sy werkers beskerm
Volgens die berig het die boer sy plaaswerkers die versekering gegee dat die man nie na die plaas sal terugkeer nie.
“Ek moet stappe teen hom neem om te verseker die vroue, kinders en ‘n ander bejaarde dame op die plaas is veilig. Hy het iemand vir wie ek lief is seergemaak,” sê die boer wat ook voor die slagoffer grootgeword het.
Misdaad op plase neem toe
Agri SA het die misdaadkonferensie gereël weens ‘n toename in misdaad op plase. “Ons is baie bekommerd oor die huidige situasie. Vanaf Augustus verlede jaar het die aanvalle toegeneem,” het mnr. Andre Botha, voorsitter die organisasie se veiligheidskomitee, vroeër vanjaar aan landbou.com gesê:”
Hy sê statistieke wat in Oktober verlede jaar bekend gemaak is dui aan dat verkragting onder swart vroue wat op plase werk of bly met 49% toegeneem het, vergeleke die statistieke van Oktober 2007.
Tydens die konferensie het mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, gesê enige misdaad in die land is onaanvaarbaar. Hy het bygevoeg dat sy departement gereeld met Agri SA en ander georganiseerde landbou-organisasies sal vergader om die situasie en oplossings te bespreek.
Onthou om landbou.com se petisie - Stop plaasmoorde - te onderteken.
10 Maart 2010
Kommentaar
die verkragting moet lewens lank tronk straf kry!! joh watter tipee mense doen dit aan hul meede mense dit sal net vuil mense wees.
Miskien moet daar op die persone wat borg kry in hierdie ernstige misdaad ook jaggemaak word, die kriminele is in beheer en dit hoort nie so nie
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)