|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Suid-Afrika se paaie is in ’n uiters swak toestand. Dit sal R38,3 miljard kos om dié stand van sake te verander, sê mnr. S’bu Ndebele, Minister van Vervoer. Nasionale paaie sal R18,4 miljard en provinsiale paaie R19,9 miljard kos om te herstel.
Hy het op ’n Parlementêre vraag van die Demokratiese Alliansie (DA) gereageer en gesê 4 142 km, of 32 %, van die nasionale padnetwerk wat nie tolpaaie is nie, sal nog net vyf jaar lank bruikbaar wees. Die verbetering van dié paaie sal R35,2 miljard oor die volgende vyf jaar kos, maar daar is vir slegs R16,8 miljard begroot. Dít sal die herstel van 1 980 km dek.
Die Suid-Afrikaanse padnetwerk dek sowat 752 000 km geteerde paaie waarvan 535 000 km die verantwoordelikheid van nasionale, provinsiale en plaaslike regerings is. Sowat 220 000 km is “ongeklassifiseerd”, wat beteken dat geen staatsdepartement daarvoor verantwoordelik is nie, lui ’n berig van Fin24.com.
Mnr. Stuart Farrow, die DA se skaduminister belas met vervoer, meen die stand van die land se paaie het ’n diepgaande uitwerking op die ekonomie, veral omdat soveel goedere per pad vervoer word. Luidens ’n berig van News24.com sal die Regering of geld moet leen om die betrokke paaie in stand te hou, óf die paaie in tolpaaie moet omskep.
Bron:
Fin24.com
News24.com
20 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)