Deur ALANI JANEKE
10 September 2011

796 keer gelees | 0 kommentaar

Die kartelsaak teen Paramount Mills gaan voort ná 'n beslissing van die Mededingingtribunaal, aldus die Mededingingskommissie.


Die saak van moontlike kartelvorming en prysknoeiery teen Paramount Mills gaan voort ná 'n beslissing van die Mededingingstribunaal, luidens 'n verklaring deur die Mededingingskommissie.

Dié meulenaar het vandeesweek die tribunaal versoek dat die saak teen hom in die ondersoek na die witmieliemeelmeulenaarsbedryf geskrap moet word. Die tribunaal het glo bevind dat Paramount Mills se versoek “misplaas” was. Die aanklagte teen die meulenaars staan dus nog.

Hy sal tydens die hoofverhoor sy saak saam met die 16 ander respondente moet stel. Die aanvanklike ondersoek binne dié bedryf is in 2007 onderneem.

Die versoek
Paramount Mills se versoek het voortgespruit uit 'n verhoor waartydens die meulenaar aangevoer het dat die klagtes teen hom nie geldig is nie. Dit het gevolg na onlangse bevindings van die Mededingingsappèlhof en die Àppelhof in Bloemfontein in verband met sake teen suiwelmaatskappye oor beweerde prysknoeiery.

Die meulenaar het enige deelname aan 'n kartel ontken. Hy het ook aangevoer dat die kommissie nie aan die tydsvoorskrifte van die wet voldoen het nie. Hy het gesê die aanklagte teen hom is gemaak drie jaar nadat sy beweerde deelname aan 'n kartel beëindig is.

Die meulenaar sal nou sy saak saam met Pioneer Foods, Foodcorp, Godrich Milling, Progress Milling, Pride Milling, Westra Milling, Brenner Mills, Blinkwater Mills, TWK Milling, NTK Milling, Carolina Mills, Kalel Foods, Bothaville Milling, Paramount Mills, Keystone Milling, Premier Foods en Tiger Brands moet stel.

10 September 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights