Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Parmalat-gaan-nie-sukkelende-boere-help

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Parmalat gaan nie sukkelende boere help

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT

Sukkelende melkboere in die Overberg – wat om oorlewing veg – is met leë hande weggestuur toe hulle by Parmalat om hulp aangeklop het.

In ‘n nuusverklaring sê mnr. Johan du Toit, woordvoerder van die Overberg Suiwel-Aksiegroep (OSAG) ‘n vergadering is onlangs met Parmalat gehou om die volhoubaarheid van primêre suiwelboerdery in die Overberg te bespreek.

(Dié groep het op 4 Julie bekend gemaak dat 21 melkboere in die Overberg-streek die bedryf die laaste ses maande verlaat het, wat tot 105 plaaswerkers werkloos kan laat.)

'Genoeg vir sommige produsente'
Volgens Du Toit het Parmalat op die vergadering benadruk dat die Overberg strategies ‘n belangrike melkproduserende gebied vir sy fabriek op Bonnievale is, maar dat dit nie binne sy vermoë is om die streek se produsente in geheel te vergoed volgens die aangevraagde verhoging van 30c per liter nie. Parmalat het in die gesprek aangedui dat hy sy prysverhoging van 10c per liter op 1 Augustus 2011 “as genoegsaam vir sommige produsente” beskou en dat verdere prysverhogings tot en met Maart 2012 nie in hierdie stadium moontlik is nie.

‘n Werkbare oplossing tussen die aksiegroep en Parmalat kon nie gevind word om die volhoubaarheid van suiwelproduksie te verseker nie. Die groep het die risiko uitgewys dat indien daar nie binne die volgende twee maande ‘n dramatiese verandering kom in terme van prys nie, meer primêre suiwelproduksie-eenhede wat melk aan die Bonnievale-fabriek lewer, uit die bedryf sal tree.

Du Toit sê die OSAG het ná die vergadering besluit om voort te gaan met ander strategiese aksies om die volhoubaarheid van primêre suiwelboerdery in die Overberg te verseker. Die groep besef dat huidige modelle van die verdeling van die verbruikersrand nie volhoubare melkproduksie ondersteun nie.

6 Augustus 2011

4
 
 
  • 1473 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker..... Alwyn 
12 Aug 2011 11:43

Ek kan nie verstaan hoe boere swaarkry nie. As jy kyk na wyn - as jy wil dop hê moet jy betaal. Dieselfde met die melk. Sit die melk op, verkoop die melk R20.00 'n liter dan hoef jy nie meer swaar te kry nie. Die man in die staat moet betaal of sonder die melk bly. Dis hoe die leve is.

  • antwoord
pietie eksteen 
09 Aug 2011 17:20

Melk in die Oos-Vrystaat, dieselfde probleem - ons melk teen 2009 se pryse en melkkopers druk elke jaar die pryse in die somermaande af oor die sogenaamde oorskot. Ons het 'n kooperasie nl.C ountry Lane Dairy gestig deur melkboere wat vir die melkboer oogmerk is om onder meer melkpryse te stabiliseer, kopers te onderhandel en self oorskotte te verwyder.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
09 Aug 2011 06:46

Ek is nie 'n melkboer nie, maar wel 'n boer. My vraag..hoekom moet Parmalat daartoe sien dat julle beter pryse kry? Natuurlik gaan hulle net genoeg betaal om nog steeds genoeg te kry..Dit is hoe aanvraag en aanbod werk. Ek stem saam met Jan, hou op kla en doen iets daaromtrent. Die probleem is boere wat te arogant is om sy besigheid met sy buurman te deel, of te bang is sy buurman kan een sent meer maak, terwyk ons agteroor sit en die buurman doen die werk. Ek was jare betrokke in SA boereverenigings (boer nou in VSA), en niks het ooit verander nie. Die bestuur van die boerevereniging doen al die werk en die res soek iets om oor te kla....

  • antwoord
Verwarde Melkboer 
08 Aug 2011 13:38

Parmalat, en die ander groot melkkopers, het nog nooit die belange van die melkprodusent op die hart gedra nie. Daarom sal hulle altyd die boere so min as moontlik vir hulle melk betaal. Deelname aan melkaantekening kan boere help om melk meer doeltreffend te produseer, maar nou wil MBISI die prys hiervan verdubbel deur dit uit die staat se hande te neem.. As ons aanhou om die staat in die gesig te skop, gaan hy sy rug heeltemal op ons melkboere draai. Dit is tyd dat Gielie de Kock nog meer lawaai maak, en die wat net hulle eie belang op die hart dra heeltemal ontbloot - van die melkkopers tot MBISI.

  • antwoord
vroupan 
08 Aug 2011 12:48

Jan, waar gaan die aanleg staan en wie sin is dit? Ons kan nie eers saam staan as die Munisipale werkers ons strate kom bemors met rommel nie, hoe gaan ons saam weer 'n Koop stig. Al ons Koop is nou PTY Ltd. Ons kon dit nie eers stop nie.Ek bottel en versprie maar self, en as ek kort dan het ek maar nou net nie extra nie.

  • antwoord
dewald de kock 
08 Aug 2011 09:37

Parmalat is nie alleen skuldig nie, melkkopers kan boere help om maantaangas-aanlegte op hulle plase te bou. Geen Eskom-rekening, meer wins in die boer se sak, en die beste van als - dis 'n volhoubare belegging. Eskom maak die boer ook dood.

  • antwoord
DEON CILLIERS 
06 Aug 2011 19:02

DIS BELAGLIK WAT BOERE VIR HUL MELK KRY. ONS KOOP DIT TEN DUURSTE IN DIE WINKELS. DIS "ROBBERY".

  • antwoord
Jan du Preez 
06 Aug 2011 07:33

Dit is tyd dat SA melkboere rondom hulle kyk na maniere hoe om hulle belange (melkprys) te beskerm. Draai rug op die groot "middelmanne" en stig 'n suiwel ko-operatief soos Arla Foods in Skandinawia. Deense en Sweedse boere het al reeds 15 jaar gelede agtergekom dat mr. Middelman hul roof en het nou die grootste ko-operatiewe suiwelmaatskappy in Europa. Wat van Fonterra in New Zeeland? Ook 'n ko-operatief wat deur duisende melkboere besit word. Ons Suid-Afrikaners is SO bang vir revolusie want ons is so versigtig om op ander se tone te trap.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die rivier loop Vrydag (10 Junie 2011) steeds sterk.
  • <font color=red>Promosie-artikel:</font><br>Bestryk saad vir beter vestiging
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction