|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die feit dat Parmalat van plan is om hulle melkprys aan produsente met 30c/liter te verlaag, is “absoluut skokkend”, sê mnr. Dèan Kleynhans, nasionale voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO).
Luidens ‘n vroeëre berig op Landbou.com is boere baie onsteld nadat Parmalat aangekondig het dat hy sy produsenteprys van 1 Julie af met 30c/liter gaan verlaag.
Waar kom die besluit vandaan?
Dié verlaging spruit glo uit Parmalat se huidige bemarkingstrategie, wat op hoëmarge-produkte fokus. Derhalwe neem hulle behoefte aan rou melk af.
Kleynhans sê: ”Daar is nie ‘n manier hoe produsente enigsins dié verlaging kan bekostig nie, want dit val saam met die ergste droogte wat die Suid-, Wes- en Oos-Kaap in baie jare beleef het! Dit is nie regverdig dat boere moet opdok vir ‘n sakebesluit deur die verwerker nie.
“Ek dink dié is ‘n geleentheid waar produsente sal moet besef hulle sal verder in die waardeketting betrokke moet raak. Hulle sal verder betrokke moet wees as slegs tot by die plaashek en die verwydering van melk van hulle plase,” sê Kleynhans.
* ‘n Krisisvergadering word Woensdag, 26 Mei 2010, op Swellendam gehou word waar die situasie deur lede van die MPO en Samelko bespreek sal word. “Ons gaan niks aan Parmalat se besluit kan doen nie. Die basiese beginsel van die vergadering sal wees om na ander geleenthede te kyk,” sê Kleynhans.
23 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Kan die MPO nie die invoer van goedkoop poeiermelk stop nie? Ek kom agter, veral in langlewe melk kan jy die poeier melk proe. Lyk my dit word gemeng met vars melk en bring dus die aanvraag op vars melk af.
Daar is reeds voorgestel dat boere moet begin om weer vir die bemarking van hulle produkte verantwoordelik te wees, al is dit ook in die vorm van Ko-Ops. Boere, met hulle eiesoortige probleme, kan nie met instansies soos Parmalat, wat hulle melk wanneer dit hulle pas, besigheid doen nie. Vir boere is dit selfmoord.
Dit is sleg vir die melkbedryf. Mens kan verwag dat die ander grotes ook binnekort sal volg met prysverlagings. Indien boere nie meer suksesvol kan melk nie, sal die vraag na veevoere ook verder afneem & ons met nog groter mielie oorskotte laat.
Kort op die hakke van die melkbedryf gaan koringprodusente volg en daarna mielieboere wat nie meer ekonomies volhoubaar kan boer nie. (O gats! Dis REEDS die geval.)
Tipies is die verwerkers besig om die gans wat die goue eiers le te verwurg.
Ons harte gaan uit na die melkboere. Daar word lankal met julle woer-woer gespeel. Hoop julle kry oplossings.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)