Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Pasop-vir-advertensie-slenter

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Pasop vir advertensie-slenter

 
Deur JEAN DU PREEZ

Pasop vir ‘n sindikaat wat wat niksvermoedende lesers van etlike landboutydskrifte op groot skaal uit hul geld bedrieg het.

Die Handelsmisdaad-Ondersoekeenheid van die SA Polisiediens (SAPD) is besig om ‘n sindikaat oop te vlek wat hiervoor verantwoordelik is. Dié verwikkeling volg nadat Landbouweekblad die afgelope tyd ten nouste met die SAPD saamgewerk het om die euwel hok te slaan.

Die werkwyse was deurgaans dieselfde: ‘n Produk, bv. ‘n staalskuur, trekker, planter of enige plaasimplemente/benodighede, word in die tydskrifte se geklassifiseerde advertensie-afdeling geadverteer, foto’s daarvan word per selfoon aan ‘n belangstellende koper gestuur, met die versoek dat ‘n deposito in die verkoper se rekening inbetaal word, en die onderneming dat versending onmiddellik daarna gereël sal word.

Sodra die geld inbetaal is, verdwyn die verkoper egter spoorloos. Uiteraard bestaan die produk nooit nie, en verander die sindikaat sy kontakbesonderhede deurlopend.

Nadat die misdryf onder Landbouweekblad se aandag gekom het, kon die Handelsmisdaad-Ondersoekeenheid daarin slaag om op die sindikaat toe te slaan. In die ondersoek wat daarop gevolg het, het dit aan die lig gekom dat nie net Landbouweekblad geteiken is nie, maar ook ander publikasies in die landbousektor.

Mense wat vermoed dat hulle ‘n slagoffer van die sindikaat was, kan kapt. Barries Barnard van die Handelsmisdaad-Ondersoekeenheid in Johannesburg skakel by 011 870 5300 of epos barnard@polka.co.za.

Kapt. Barnard het die volgende wenke vir lesers:
* Die goue reël is; as jy nie aan die produk/geld kan vat nie, moet nie die betaling maak of die produk lewer nie.
* Versoek 'n landlyn-nommer waar die verkoper/koper geskakel kan word en maak kontak met hom daar ook; wees bedag indien die verkoper slegs selfoon- en faks na epos-nommers as kontakbesonderhede verskaf.
* Tref reëlings om die produk te besigtig, kry die volledige fisiese adres/koördinate en bevestig of dit wel bestaan.
* Versoek 'n kontrak/koopooreenkoms, gaan besonderhede daarop na en let op vanwaar dit gestuur was, bv. epos/faksnommer.
* Verdagte produkte word gewoonlik as 'n "winskoop" of "te goed om waar te wees" geadverteer.
* Bevestig by die bank of die gegewe bankrekening-nommer wel aan die verkoper behoort.
* Hoewel Landbouweekblad uit sy pad gaan om adverteerders se besonderhede te kontroleer, kan hy uiteraard nie elkeen se optrede en produkte waarborg nie. Lesers word dus aangeraai om hulself te vergewis van adverteerders se integriteit voordat hulle goedsmoeds oorbetalings doen.

4 September 2011

4.5
 
 
  • 1447 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die reën kom!
  • Forelboerdery
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction