Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Pasop-vir-zimbabwe-situasie

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

'Pasop vir Zimbabwe-situasie'

 
JOHAN FOUCHÉ

Suid-Afrikaners is in 'n groot mate nog in 'n ontkenningsfase oor grondhervorming, maar dié kwessie gaan nie vanself wegraak nie. As dit nie opgelos word nie, sál dit die land tref soos wat in Zimbabwe gebeur het.


Só sê mnr. Clem Sunter, voorsitter van Anglo American se Voorsittersfonds. Hy het op die Misstofvereniging van Suid-Afrika se kongres in Kaapstad oor die volhoubaarheid van besighede gepraat.


Mnr. Sunter sê die groot vraag is hóé om grondhervorming toe te pas. "Dit is nie sinvol dat die Regering vir nuwe boere klein stukkies grond gee nie, want hulle gaan in die meeste gevalle geld verloor. Mediumgroot en klein plase is nie groot genoeg om wêreldklas-besighede te wees nie. In sekere gespesialiseerde of nisbedrywe, soos die verbouing van blomme, kan klein plase wel suksesvol wees, as ander sake, soos die weer, gunstig is.


Mnr. Sunter sê die boer moet, nadat hy ál die beheerbare faktore en onsekerhede wat sy boerdery kan raak, geïdentifiseer het, verskillende scenario's skep en sy boerdery volgens die slegste een bestuur. Boere moet dus dink oor hoe hulle gaan optree as 'n Zimbabwe-scenario werklikheid word.


Hy sê boere behoort die kollektiewe eienaarskap van plase te oorweeg. Boerderye kan omgeskep word in maatskappye wat op die Beurs genoteer word. Voorheen benadeelde mense moet aangemoedig word om aandele in die maatskappye te verkry. Mnr. Sunter sê eienaarskap wat van bestuur geskei is, is 'n belangrike rede vir die welslae van maatskappye wat lank oorleef.

23 Mei 2003

0
 
 
  • 1902 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Besmetlike misgeboorte uitbreek in ‘n kudde
  • Produksieveiling
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction