|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Landbou.com se petisie oor plaasmoorde is aan ‘n senior ANC-ampsbekleër in die Parlement in Kaapstad oorhandig.
Die voorsitter van die parlementêre komitee vir Polisie, me. Sindy Chikunga, het die petisie Donderdag in ontvangs geneem. Sy het gesê een moord op ‘n boer is een te veel, en dat drastiese stappe nodig is om die toedrag van sake te keer.
Chikunga het onderneem om die petisie aan die portefeuljekomitee voor te lê. Sy het die verteenwoordigers van Landbou.com genooi om die betrokke komiteevergadering by te woon wanneer die petisie bespreek sal word.
Die petisie, Stop plaasmoorde, is op 15 Februarie op die webwerf, www.mypetition.co.za geskep en is deur 2 432 mense onderteken voordat dit gesluit is. Die petisie kan nog op dié webwerf gelees word , of klik hier.
Bekendes wat die petisie onderteken het, is Leon Schuster en Steve Hofmeyr.
Landbou.com bedank almal wat die petisie onderteken het.
25 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Sedert 1994 was daar meer as 11,000 plaasaanvalle met meegaande meer as 3,000 boere wat vermoor was. Meer fondse was egter oor 'n relatief kort priode aan die Sokker Wereldbeker spandeer, as wat die SA Regering ooit aan die voorkoming van Plaasmoorde en ander verwante misdade spandeer het of beplan om te spandeer.
In 'n sogenaamde beskaafde land soos SA, kan BARBARISME soos hierdie nie verder geduld word nie.
DOODSTRAF vir plaasmoorde, vroue en kinders en DOODSTRAF vir verkragting en erge mishandeling van kinders.
Mmm, ek het my bedenkinge, kom ons kyk wat gebeur al dan nie...
Hoop daar is reaksie vanaf die regering
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)