Deur AMELIA GENIS
22 Desember 2010

2180 keer gelees | 0 kommentaar

 Die direksie van Pioneer Foods het stappe gedoen om bestuurders wat die Wet op Mededinging oortree het te straf.


Die direksie van Pioneer Foods het stappe gedoen om bestuurders wat die Wet op Mededinging oortree het te straf.

Volgens ‘n aankondiging wat gister op die JSE se nuusdiens (Sens) gemaak is, het uitvoerende bestuurders van Pioneer  nie vanjaar aansporingsbonusse gekry nie, en gaan uitvoerende direkteure nie in 2011 salarisverhogings kry nie. Nuwe aandele-aansporingsregte is ook nie aan die meeste lede van die bestuurspan toegeken nie.

Dissiplinêre stappe is teen 41 werknemers van die maatskappy gedoen. Een van die werknemers is onskuldig verklaar deur ‘n eksterne, onafhanklike beampte, 28 het skuld beken en geskrewe waarskuwings ontvang, terwyl stappe teen twee werknemers voortduur.

Pioneer  het ook opgetree om soortgelyke voorvalle in die toekoms te probeer verhoed deur ‘n werknemer aan te stel om te help met die nakoming van maatskappy- en mededingingswetgewing en die maatskappy se etiese kode hersien. Sowat 1 900 werknemers het ‘n aanlyn-opleidingsessie oor nakoming van wetgewing deurloop.

Die strawwe wat die Mededingingstribunaal Pioneer  opgelê het, het nie juis beleggersvertroue in die maatskappy gedemp nie. Die maatskappy se aandeelprys het sedert Junie van net oor die R40 per aandeel tot R57,80 per aandeel op 8 Desember gestyg voordat dit teruggesak en sedertdien tussen R54 en R55 per aandeel verhandel.

22 Desember 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights