15 Desember 2010

1487 keer gelees | 1 kommentaar

Pioneer Foods het in ooreenstemming met sy ooreenkoms met die Mededingingskommissie brood- en meelpryse verlaag.


Pioneer Foods het in ooreenstemming met sy ooreenkoms met die Mededingingskommissie sy brood- en meelpryse verlaag.

Dié ooreenkoms is aangegaan nadat die kommissie die maatskappy skuldig bevind het aan onder meer knoeiery met broodpryse.

Die verlagings behels:

  • Die prys van wit- en bruinbrood is op 3 Desember met 30 sent per brood verlaag, en dié verlaging word toegepas bo en behalwe die spesiale aanbiedinge wat kleinhandelaars dalk mag bied.

  • Die prys van meel is verlaag met R350 per ton vanaf 10 Desember.

  • Die kommissie sê hy het met die verskeie handelaars in verbinding getree om seker te maak dat die prysverlagings na verbruikers deurgegee word.

Die ooreenkoms
Na aanleiding van die ooreenkoms moet die maatskappy sy wins met R160 miljoen verlaag, vergeleke met ‘n bepaalde tydperk in die vorige boekjaar. Die maatskappy moet elke tweede maand ‘n vorderingsverslag by die kommissie inhandig en PriceWaterhouseCoopers sal die verslae nagaan om te verseker die maatskappy voldoen aan die ooreenkoms.

Die Mededingingstribunaal het verlede maand bevind dat die maatskappy weens onmededingende praktyke in onder andere die pluimvee- en meulenaarsbedryf, ‘n verdere boete van R500 miljoen aan die Tesourie moet betaal. Die boete sou eers verdeel word tussen die Tesourie en ‘n agri-mededingendheidsfonds, maar die Tesourie het daarteen appél aangeteken.

Die maatskappy is vroeër ‘n boete van meer as R190 miljoen opgelê vir sy betrokkenheid in die broodkartel.

15 Desember 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2010/12/17 09:40:42 PM

Ek dink die optrede van Pioneer is laakbaar, sal die instansie geensins ondersteun sover dit in my vermoë is, sal ook ander aanmoedig om Pioneer te boikot.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights