|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Hy het dood gespeel om sy lewe te bewaar nadat drie aanvallers hom op sy plaas, Vaalbank, naby Bethlehem, met ‘n mes aangeval het, sê mnr. Gert Lange, boer. Dié aanval was die tweede op sy plaas vanjaar.
Luidens ‘n berig op Nuus24 het Lange laataand voor sy verwarmer gesit en televisie kyk toe hy iets in sy kamer gehoor het. Hy het ondersoek ingestel en is deur die aanvallers oorrompel, vasgebind en herhaaldelik met ‘n mes aangeval. “Hulle wou geld hê,” sê Lange.
Die plaasaanvallers het met geld, vuurwapens en ‘n klein vragmotor gevlug. Die voertuig is na Lange teruggeneem nadat dit sonder brandstof gaan staan het. Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder vir die Polisie, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Landelike veiligheid bly ‘n knelpunt
Intussen meen die Demokratiese Alliansie (DA) in KwaZulu-Natal dié provinsie se Polisiedienste in landelike gebiede skiet tekort. Dít na die moord van drie mense op ‘n plaas in die provinsie se Middellande vroeër vandeesweek.
“Ons provinsie is uiters swak toegerus en daar is ‘n ernstige tekort aan polisie wat misdaadbestryding in landelike gebiede aangaan,” sê mnr. Sizwe Mchunu, DA-woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie.
Luidens ‘n berig op News24 het Mchunu ‘n beroep gedoen op mnr. Willies Mchunu, LUR vir veiligheid, om plaasaanvalle kort te knip.
“Ons vraag is: Wat is die provinsie se plan? Dit is onaanvaarbaar vir ‘n Regering om slegs skok uit te spreek wanneer iets so verskriklik gebeur. Daar moet ‘n meer pro-aktiewe reaksie wees.”
Bron:
Nuus24.com
News24.com
23 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
ek dink dt skrikwekend om te sien hoe di boere volk uitgmoor wrd..di ergste van als dat oz trg sit e toelat dat dt gbeur!! nou wil hul ng di plase wegvat vani boer, ga ons toe lt dt hul ons so verneder???
Boere sal moet besef dat hul geen ander keuse het as om verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid op te neem nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)