Plaasaanval by Vaalharts

 

‘n Boer en sy vrou van die Vaalharts-omgewing in die Noord-Kaap is die afgelope naweek wreed op hul plaas in die Magogong-omgewing aangeval. Die 73-jarige mnr. Charles Engelbrecht, wat as direkteur van twee landboumaatskappye gedien het, is aangerand en is tans in ‘n plaaslike hospitaal. Sy 71-jarige vrou, Violet, is vasgebind en in die huis aangehou.

Mnr. Wessel van der Merwe, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê Engelbrecht is glo deur sewe mans, wat almal balaklawas gedra het, aangeval toe hy Sondagaand ondersoek gaan instel het omdat een van die honde op die werf geblaf het. Hy is verskeie kere geskop en geslaan. Sy neus is gebreek en van sy ribbes is gekraak.

Erg getraumatiseer
Engelbrecht vermoed die aanvallers het ook van die diere op sy werf vergiftig. Van der Merwe sê hy’t op dooie katte op die werf afgekom, en vermoed een van hulle honde is ook vergiftig.

Van der Merwe sê me. Engelbrect is erg getraumatiseer. “Hulle het hom vasgebind en weggevat en sy’t nie geweet waar hy is nie. Hy is omstreeks 01:00 in een van boorde gevind waar die aanvallers hom afgelaai het”. Engelbrecht boer met neute, druiwe en sitrusvrugte.

Die verdagtes is glo nog soek. Volgens Van Der Merwe is die rede vir die aanval vermoedelik roof. Die verdagtes het met die egpaar se twee voertuie en selfone op die vlug geslaan. 

Verkseie plaasaanvalle in omgewing
Volgens Van der Merwe het talle plaasaanvalle al in die Vaalharts-omgewing voorgekom. Hy sê agt boere is al in die omgewing vermoor, en vier maande gelede is ‘n 80-jarige boervrou ook aangeval en aangerand.

12 Januarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Hitler 

Hendri,
Ek stem saam met jou maar maklik om te se moeilik gedaan, ek moet se in sekere areas hier in NW doen ons dit en is ons permanent op n gereedsheids grondlag, maar is moeilik om dit altyd toe te pas, maar ja jy is reg as hy weet hy kan nie wegkom nie gaan hy twee keer dink.

Hitler 

Jan Bezuidenhout... waarvan praat jy??? n naam of werklikheid? jy is so klein geestelik dat n naam vir jou meer belangrik is as die werklikke feite!!Hallo!! werkloosheid in SA is juis een van die probleme waarom daar gemoor en geplunder word en dan praat jy van halveering van werkers op plase??,Hoe doen jy hierdie som meneer? nog meer sonder werk en nog meer wat rondlopers word!!Seker werk jy nie met hulle nie en sit jy in n kantoor en jou pay is elke maand in die bank!!!

hendri 

'Saam staan' - daardie woord is 'n vloek woord in ons afrikaner gemeenskappe. Ongelukkig is dit 'n feit dat die meeste van ons eerder verkies 'om self iets aan die saak te doen' eerder as om hande te vat en 'n effektiewe netwerk op te stel wat vrugte kan afwerp.
Die band van vertroue, lojaliteit en ondersteuning wat daar bestaan tussen kriminele is baie hegter as die band wat daar bestaan tussen wetsgehoorsame burgers. Die ondersteunings netwerk wat hierdie kriminele op gebou het deur die jare het veroorsaak dat ons wat verkies om in afsondering ons eie veiligheid te verseker, maklike teikens geword het vir die krimineel.
Vir JARE word daar gekonsentreer op die ingangsbeheer na persele, miljoene en miljoene Rande is al gespandeer op die ontwikkeling van apparaat rondom die aspek. Maar tot dusver is daar nog nie 'n apparaat ontwikkel wat in die doel kan slaag nie. Beams, PIR's ens ens kan geen doel dien indien dit nie 'aangeskakel' is nie en nog steeds spandeer ons meer en meer geld hierop. Selfone en twee rigting radios werk in teorie maar kan nog steeds nie 'van self' geaktiveer word nie. Dit ksn ook nie deur die misdadiger geaktiveer word nie.
Wanneer gaan 'ons' leer om eerder te konsentreer daarop om die 'ontsnappings roete' te blokeer en nie meer te konsentreer op die 'ingang roete' nie.
Wie sal 'n daad soos moord of roof wil pleeg indien sy 'wegkom' nie verseker is nie. Dit het hoog tyd geword dat die kommunikasie tydperk tussen die slagoffer en die 'hulp middels' aangespreek word.
Alarm moniterings maatskappye vat 'ons' vir rides - ontsaglike hoe maandelikse moniterings fooie vir 'n diens wat geen waarborge kan gee nie. Alarm stelsels wat nie aktief kan wees gedurende tye wat die inwoners aanwesig is nie is niks meer as 'n 'night watch' nie.
Kom ons vat hande en versper die ontsnappings roetes van hierdie 'diere' dan sal die sukses persentasie kan omkeer.

Jan Bezuidenhout 

Hitler... jy doen niemand n guns om daai naam te kies nie al wat dit regkry is om ons gesprek te degenreer na iets toe wat in ons vyand se guns tel,Sonder om een skoot te skiet... as die wit landbouers(boerre nie Boerre nie) hul swart werkers halveer (omtrent 2miljoen mense)sal dit n baie grooter boodskap wees aan die azaniese regering as drie duisend "slagoffers" van misdaad !!!

Hitler 

Henk Pretorius, ek stem saam met jou stelling, maar die realiteite is elke dag op almal se lippe, daar is al meer as 3000 boere vermoor of aangerand sedert die verkiesing van nelson mandela en die bybel of die godsdiens gaan dit nie stop nie,verseker was almal wat al gesterf het ook gelowig en het hulle die bybel nagevolg, maar feite is hulle het gesterf en so gaan dit een vir een aanhou todat daar nie meer boere oor is hier nie, soos in Zimbabwe wat dan?? Lees hierdie baie mooi van een van die boere in Zim wat nog oor is dalk by nou al ook uit en verdryf:“But nobody wanted to stand together and we all went our own ways and the government gradually picked us off one by one until there was only very few left.” Woorde van Cambell uit sy eie mond, hy is ook gelowig en dien sy God, maar dis n feit soos n koei ons is besig om die stryd te verloor een vir een.

Henk Pretorius 

God is liefde en geregtigheid. Soos in die Ou Testament voorbeelde aangehaal word van die gevolge van die versuim van die volk om homself te verootmoedig voor God, so beleef ons tans ons eie voorbeeld daarvan. God bly gister, vandag en more dieselfde.

Hitler 

Campbell is undaunted, though he knows what he is taking on. “It was a bad time, particularly at the beginning of the land invasions, as anyone who showed any resistance was taken out, some even horribly murdered in front of police, so we realised there was no protection and every man for himself.
“But nobody wanted to stand together and we all went our own ways and the government gradually picked us off one by one until there was only very few left.” Woorde van Cambell uit sy eie mond en die toekoms van Suid-Afrika se boer is vinnig op pad na ZIMBABWE!!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.