Plaasaanvalle duur steeds voort

 

‘n 25-Jarige man verskyn volgende week in die Stutterheim-landdroshof in die Oos-Kaap nadat hy ‘n 79-jarige boervrou van die omgewing vandeesweek vermoedelik aangeval het.

Kapt. Lawrence Mhluzi, een van die beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat na die toneel ontbied is, sê die man het me. Jean McLeod Woensdagmiddag (13 Januarie), toe sy van die dorp af by die huis aangekom het, aangeval.

Verdagte aangekeer
Die verdagte is glo aan haar bekend. Hy het blykbaar gereeld vir haar kom vra of hy ou implemente wat op haar plot, Oak Cottage, rondlê kan kry. Mhluzi sê hy het haar glo na ‘n ou skuur gesleep, waar hy haar aangerand en verskeie van haar ribbes gebreek het.

Daarna het die verdagte sand en ou papiere in haar mond gestop en haar hande en mond met sterk kleeflint vasgebind. Hy het ook ‘n stuk ou diefwering bo-op haar gesit, wat hy vol klippe en bakstene gepak het. Daarna het die man met R500 en McLeod se voertuig op die vlug geslaan.

Volgens Mhluzi kon McLeod daarin slaag om los te kom en die Polisie te kontak. Die verdagte het haar voertuig sowat 30km buite die dorp gerol, waarna hy per voet gevlug het. Hy is gister nagenoeg 55km van die plot opgespoor en in hegtenis geneem. McLeod word tans in ‘n plaaslike hospitaal behandel.

Boer onder skoot
Intussen is ‘n boer van Petrus Steyn in die Vrystaat ongedeerd nadat ‘n vermeende inbreker op hom geskiet het. Luidens ‘n berig van Nuus24, het Mnr. Jan van der Westhuizen, ‘n 59-jarige melkboer, glo ‘n persoon in sy huis betrap toe hy van die stalle af gekom het. Die man het Van der Westhuizen se wapen by hom gehad en op kontant aangedring. Van der Westhuizen het R150 wat hy by hom gehad het aan die man oorhandig.

Die verdagte het na bewering op Van der Westhuizen geskiet, maar die skoot het nie afgegaan nie. Van der Westhuizen het toe na sy kamer gehardloop, en nog twee skote is geskiet maar het nie afgegaan nie.

Die man het met die kontant en selfone op die vlug geslaan. Hy het egter die wapen op die werf agtergelaat. Hy is steeds soek.

Lees ook:

Twee boere per week vermoor

Plaasaanval by Vaalharts

Twee vas oor plaasmoord

15 Januarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Derick 

Dis al lankal tyd dat die van ons wat wapens besit, dit die heeltyd aan jou et dra. Daar is nog steeds die wat meen dat net om 'n handwapen te besit, dit 'n gerustellendheid daar skep.

Ook kry ons die wat meen dat 'n wapen kan dien as 'n afskrikmiddel as jy dit by jou het. Daar is nog nooit 'n beter tyd as om nuwe wapenvaardighede aan te leer en tegnieke toe te pas wat jou lewe kan beskerm nie.

Om in 'n skietery te beland kan baie vinnig gebeur en sos al menigte male bewys is, die vyand goed - of dalk beter - as jy wat jouself moet beskerm.

Die vyand kom nie oor die grens of val van ver af aan nie, maar hy sit tussn ons en kan oorgaan tot aksie in 'n oogwink wanneer dit die minste verwag word.

Dit is nie die vuurwapen wat jy besit wat jou gaan help nie, maar hoe jy daardie wapen gaan toepas wat deurslag gewend gaan wees tot oorlewing.

Jan Hardehout 

Vriende die antwoord vir hierdie moordadige misdade begin by toegang van hierdie teroriste tot u perseele en die persepsie wat hierdie dierre dan ontwikkel oor hou "SAG" u is as n teiken ...Kry n groot hond en n snoet harnas wat die honde verhoed om gif te eet en neem hom orals saam!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.