Plaasaanvalle neem steeds toe

 
Plaasaanvalle neem toe. Foto: CHARLES SMITH
Plaasaanvalle neem toe. Foto: CHARLES SMITH

“Ons het nog nie presiese statistieke vir dié jaar nie, maar daar is definitief ‘n stygende tendens wat plaasaanvalle en –moorde aanbetref.” Volgens mnr. Andre Botha, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, heers daar groot kommer oor die aantal plaasmoorde en –aanvalle in die land.

Dié organisasie bied derhalwe op Maandag, 8 Maart, ‘n veiligheidsberaad in Centurion, Gauteng, aan. Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, asook mnr. Jeff Radebe, die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, is van die sprekers by die konferensie en Botha sê hy hoop om antwoorde by hulle te kry.

Meer as 20 plaasaanvalle in 2010
Landbou.com het in die eerste twee maande van dié jaar verslag gedoen oor meer as 20 plaasaanvalle waartydens sewe mense vermoor is. Botha sê gedurende Januarie is veral die Vrystaat deur aanvalle geteister, maar nou word Limpopo ook geteiken.

“Oor die eerste drie naweke van Januarie het daar elke naweek ‘n plaasmoord in die sentrale streke voorgekom. Die afgelope naweek is twee boere van Limpopo ook vermoor,” vertel Botha.

Botha sê die Polisie is tans baie stil oor plaasaanvalle en verwante statistieke, maar hoop om meer statistieke tydens die konferensie bekend te maak. Volgens Agri SA se statistieke word twee boere per week vermoor word, terwyl twee insidente van geweld daagliks op plase voorkom, het Botha in Januarie aan landbou.com gesê.

Veediefstal en haatspraak ook bespreek
Veediefstal en haatspraak is twee van die vele temas wat by die konferensie onder die loep gaan kom. Die impak van misdaad op die landbou, asook gebrekkige dienslewering rakende polisiëring sal in diepte bespreek word.

Die hoop is om verskeie besluite oor die situasie by die konferensie te neem, sê Botha.

Lees ook:

Plaasmoord 'lae intensiteit oorlog'

Landbou.com se petisie
Intussen het sowat 1 340 persone reeds landbou.com se petisie teen plaasmoorde onderteken. Die landbou.com-span gaan die petisie teen die einde van Maart aan die Regering oorhandig.

Klik hier om die petisie te teken.

Me. Sume Murray, wat die petisie onderteken het, vra: “Why are we paying taxes? Why do we not receive protection from criminals? Why are we not safe in our own homes, yards, neighbourhoods? Why Why Why! FEDUP! Crime is being rewarded, when will it stop?!”

4 Maart 2010
 

5
 
 

Kommentaar

Neels Pienaar 

Julle praat oor haatspraak asof dit net nog n euwel is.Suid Afrika se groot leiers sing dan met elke a n c vergadering.oor hulle masjien gewere,en kinders wat dink hulle is groot in die a n c jeugliga wil moor vir hulle korrupte leier.Hierdie haat spraak word mos oorgedra van die leiers na die trawante op straat,en dan dink hulle ,hulle is hero's.Dit is mos logies ,of nie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.