|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Plaasaanvalle het sedert September verlede jaar aansienlik toegeneem, sê mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidsbeleidskomitee. Hy het op Agri SA se beleidsessie oor landelike veiligheid gesê weens beskikbare inligting vind daar tot 60 plaasaanvalle per dag plaas.
“Met die ontbinding van die kommando’s het die Regering beloof dat dit nie ’n leemte sal laat nie, maar dit het gebeur. Ons moet besluit of ons gelukkig is daarmee. Indien nie, wat moet Agri SA doen om boere se hande op plaaslike vlak sterk te maak?” wou hy weet. Hy het dit benadruk dat sektorpolisiëring nie ’n versoek aan die polisie is nie. “Dit is hul plig.”
Mnr. Robin Barnsley, voormalige voorsitter van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu), sê “nege van die 16 grootste misdaadgebiede in die land is in my provinsie gesetel”. Mnr. Andries Beyers, voorsitter van Agri Noordwes, sê dit gebeur dikwels dat feite verkeerd oorgedra word en boere daardeur geviktimiseer word.
Agri Noordwes en Cosatu het vanjaar só erg gebots dat Agri Noordwes die vakverbond nou voor die hof daag en by die Menseregtekommissie vir haatspraak verkla het. Beyers sê dié soort haatspraak het ’n rassistiese ondertoon en dat dit help om misdadigers te motiveer om boere, hul gesinne en plaaswerkers aan te val.
Dit lei dan tot die verhoogde voorkoms van plaasaanvalle en moorde.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 23 Oktober 2009.
20 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)