|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Vier gewapende rowers het die afgelope naweek tydens ‘n plaasaanval op Cullinan glo geskree “viva, Malema” en “julle wit skuim”.
Twee ander plase in die omgewing is glo ook geteiken, sê die TLU SA. Mnr. Louis Meintjes, ondervoorsitter van die organisasie, sê die eerste twee aanvalle is deur buurtwagpatrollies afgeweer.
“Tydens die eerste insident het die aanvallers drade geknip en ons patrollies het hulle opgespoor en verjaag. ‘n Halfuur daarna is die patrollies van nog ‘n aanval in kennis gestel, en die aanvallers daar is ook verjaag. Die eienaars van die plaas waar die derde aanval plaasgevind het, het nie ‘n radio gehad waarmee hulle ons kon kontak nie, maar hulle het nou een. Ons vermoed dit was dieselfde aanvallers wat by al drie die aanvalle betrokke was. Die Polisie ondersoek ook dié moontlikheid,” sê Meintjes.
Lees ook:
Plaasmoord: Honderde betoog
Jeugliga "weet niks"
Intussen het mnr. Paseka Letsatsi, ‘n woordvoerder van die ANC Jeugliga, aan landbou.com gesê sy organisasie wil nie kommentaar op die voorval lewer nie. “We have no comment. We don’t know anything about that.”
“Sterf wit man! Viva, Malema!”
Luidens ‘n berig van Nuus24.com is die woorde “sterf wit man” en “viva, Malema” geskree gedurende die plaasaanval in Bynespoort vroeg Saterdagoggend. Die rowers het glo ‘n venster in die sitkamer gebreek om toegang tot die huis te verkry.
Die eienaar, 39-jarige mnr. Leon Koekemoer, ’n kaptein en instrukteur in die Herstigte Kommandokorps, het na bewering een van die rowers met ‘n byl – wat hy in die kamer hou – gekap terwyl dié met sy vrou gestoei het. Sy 37-jarige vrou, Annelie, het glo hul kamerdeur probeer toedruk toe die een aanvaller die kamer wou binnekom. Die verdagte het die deur oopgedruk en met haar begin stoei.
Die verdagte het toe op die vlug geslaan. Die loseerder wat by die Koekemoers tuisgaan het twee skote op ‘n tweede aanvaller – wat in sy kamer ingebreek het – afgevuur, waarna die man dood in die gang neergeval het. Die ander twee aanvallers het toe ook op die vlug geslaan.
Bevestiging dat uitsprake wel ‘n uitwerking het
Meintjes sê dié aanval bevestig dat die beweerde uitsprake deur mnr. Julius Malema, voorsitter van die ANC Jeugliga, en die liedere wat hy sing ‘n uitwerking op die samelewing en plaasaanvalle het.
Hy raai boere aan om hulle paraatheid op te skerp en by hulle plaaslike buurtwagprogramme betrokke te raak sodat hulle hulleself kan beveilig. “Na ons mening kan ons met sekerheid sê dat die revolusie nog nie klaar is nie,” sê Meintjes.
12 April 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dit is vir my baie hartseer dat die mense vandag skree staan saam. Toe ons gevra het staan saam toe ons nog in beheer was is ons in die tronk gegooi en ons eie mense het ons verraai. Hoe snaaks is dit nie nou nie nou is daar paniek en almal is bang en soek hulle wapens. In hierdie tyd het ek geleer moet nie op mense vertrou nie maar slegs ons skepper kan my beskerm en in Sy naam sal hy die engele bevel gee om ons te beskerm.
Ek dink net dit is nou tyd dat iets moet gebeur - dit kanni meer so aangaan nie. ET se dood is 'n politieke moord. Om 10 dae na jou onderhoud vermoor te word....Word wakker mense en staan saam!!!!
Voor die aanval op ET is hier by ons ook n aanval op n plaasboer se seun gedoen deur 6 rowers natuurlik gewapen die man was wreedaardig aangerand. EK glo dat die aanval het reeds die veroorsaak dat die boere nou veiligheid baie opgeskerp het en strukture in plek gesit het. Ek kan nie sien dat die aanvalle sal afneem nie maar eerder sal toeneem. Of die SAPD of wat hulle nou ookal heet nie opgewasse is on die aanslag teen die blanke boere te keer wil ek nog sien. Ek sluit ook hierby die dorps mense in wat net so geroof en vermoor word. Dit bly vir my n raaisel !!!! Ons sal moet aanvaar dat die prys wat ons vir vryheid aan moet betaal duur gaan wees. Dit wys weer dat as jy gereed is die aanvalle nie so maklik gedoen kan word nie. Staan en bid saam SA boere
Dit is nie so dat mense na 11April ontwapen is nie. Die Groen lisensies is nog steeds geldig totdat die Hooggeregshof daaroor gaan besluit en die saak is nog lank nie klaar nie. Mense moet tog net nie hul wapens waarvoor hul lisensies het inhandig nie. Dis hoogs onverantwoordelik vir hulle eie veiligheid. Jy kan jou nie met 'n byl of houtlepel verdedig nie. Aanvallers is wreed en inwoners moet voldoende wapens he om hulself te beveilig
Verlede week is `n boer in die Karoo gedreig, deur `n werker, dat "dieselfde met hom sal gebeur as wat met Eugene gebeur het".
Twee onskuldige families was saterdagaand aangeval op n plaas by Groblaarsdal. Gelukkig geen moord nie, maar die skade wat geestelik gedoen was?? vernaam aan die kinders.
Ons mense is nou so te se geontwapen na 11 april 2010, maar andere loop vrylik rond met ongelisensieerde wapens en roof en plunder net waar hulle wil. Ek wonder of daar ooit na hulle gesoek word, wat praat nog van gestraf word.
Beveilig jouself, huis en haard is prioriteit nr1.
Daarna aanskou die krag en mag van die ongesiene hand van YHWH ELOHIM! Keer van harte terug na HOM!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)