|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Borg is toegestaan aan een van die verdagtes wat van die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, die voormalige leier van die Afrikaner Weerstand Beweging (AWB), verdink word. Luidens ‘n berig op Jacaranda FM is borg aan die 28 jarige Chris Malangu toegestaan, die bedrag is egter nog nie vasgestel nie.
Mnr Mthunzi Mhaga, ‘n woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê hulle respekteer die hof se bevinding, maar hulle oorweeg om dit moontlik te appèlleer.
Terre’Blanche is op 3 April dood nadat hy in sy plaashuis buite Ventersdorp 28 houe met ‘n ysterpyp en panga toegedien is.
Plaasaanvallers vry?
Ses vermeende plaasaanvallers is intussen glo weens swak-polisiewerk op Hartswater vrygelaat.
Luidens ‘n nuusverklaring het die TLU SA ‘n versoek aan die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gestuur om ‘n saak, waar ses vermeende plaasaanvallers glo weens swak polisie-ondersoekwerk op Hartswater vrygelaat is, te ondersoek.
Die TLU haal in die versoek ‘n berig aan uit Beeld (13 Julie 2010) waarvolgens die verdagtes vrygelaat is. Volgens mnr. Phaladi Shuping, ‘n woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, is dié mans se borggeld ook aan hulle terugbetaal.
‘n Mnr. en mev. Engelbrecht was die slagoffers van ‘n ernstige plaasaanval op 10 Januarie 2010. Die TLU SA het die OKD gevra om dié voorval, asook die Polisie se ondersoek, na te gaan en as hulle vind dat ‘n onvoldoende ondersoek tot die vrylating gelei het, die skuldiges aan die pen te laat ry.
Bron:
14 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
As die sokker toeriste se beursies gesteel word, is daar gevang en gevonnis binne dae. Word 'n boer aangeval of vermoor, word nie eers die moeite gedoen met 'n behoorlike ondersoek nie. Ek steun die aansoek by die wêreldhof - hulle roei ons uit!
Ek is sprakeloos.... Ons boere veg 'n verlore stryd!!
Dit skep nou maar net n presedent om vir al die misdadigers wat die boere so uitwis te se GAAN MAAR VOORT JY SAL VIR R5000.00 rand borg vrygelaat word. Dit is belaglik. As dit nou n boer was wat n plaaswerker getugtig het was sy verhoor klaar afgehandel en het hy agter tralies gesit vir die volgende 5 tot 10 jaar. Dit laat mens dink is daar n toekoms vir blankes in hierdie rasistiese land van ons. As jy nie blank is kom jy met alles weg.
Pateties, so pateties dat daar net 'n dubbele agenda kan wees. Daar het 'n groot vrot kol in hierdie land se regsdiens ontstaan.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)