|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Plaasbesettings sal so gou moontlik met die SAPS bespreek word nadat ’n plaas glo die afgelope week naby Harrismith beset is.
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê ’n ooreenkoms in dié verband is laat verlede jaar ook weer met die polisie bespreek.
“Ons komitee vir Wet en Orde sal dié saak so gou moontlik met die polisie bespreek. Daar is mos geen manier wat ons so iets kan toelaat nie,” aldus Möller. Hy sê hulle het ook al aan die polisie aangedui dat boere in dié verband ’n ondersteunende rol sal speel en nie die wet in eie hande sal neem nie.
’n Plaasbesetting
Luidens ’n berig in Volksblad (30 Junie 2011) is mnr. Petrus Weyers se plaas beset deur mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete wat beweer dat die plaas by hulle gesteel is.
Hulle voer aan dat die plaas aan Khoete behoort, want dit is glo ná haar man se dood aan haar oorgedra. Die plaas is glo egter op ’n Landbank-veiling verkoop omdat die lening nie terugbetaal kon word nie.
Verantwoordelike politici
Sekonyela het volgens die koerant aangevoer dat hulle die plaas beset het omdat mnr. Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, verlede week gesê het hulle moet dit doen. Volgens Möller is só ’n uitspraak ’n duidelike teken dat politici meer verantwoordelik moet optree.
“ ’n Mens kan dit mos verwag dat hierdie opruiende uitsprake op een of ander manier ’n invloed iewers gaan hê. Politieke partye moet verantwoordelik optree en wetsgehoorsaamheid met hul uitsprake bevorder,” aldus Möller.
Hy sê so ’n voorval het lanklaas voorgekom. “Ek weet van enkele gevalle wat in die noorde van KwaZulu-Natal voorgekom het, maar die SAPS het dit stopgesit.”
* Dr. Pieter Mulder sê die landbougemeenskap sal beslis nie voorgestelde “grondgryp” wat Malema voorstaan, aanvaar nie. Lees die storie hier.
Bron: Volksblad
30 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Sienende dat Malema so 'n groot "kampvegter" vir die armes is, hoekom gaan kry 'n mens nie van die arm blankes wat in plakkerskampe woon en laat hul Malema se Sandtonwoning beset, dan sien ons of hy daarvan hou!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)