“Moet asseblief nie ophou nie!” Dit was die laaste pleidooi van Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL), tydens sy toespraak by Agri SA se misdaadkonferensie in Centurion. Hy het adv. George Bisos, met wie VL oor die Lesotho-grens saak onderhandel het, aangehaal.
Steytler het afgevaardigdes toegespreek spesifiek na aanleiding van die groot verliese wat boere langs die Lesotho grens weens veediefstal en plaasaanvalle lei.
Volgens Steytler het van die boere in die omgewing se inkomste vanaf 1994 na vanjaar van R1,4 miljoen na R400 000 verminder weens misdaad langs dié grens. “Daar is so baie mense wie se lewens geruïneer is weens die staat se onvermoë om wette toe te pas!”
Kommer oor volgende geslagte
Steytler meen dat indien die huidige probleme nie uitgesorteer word nie, die situasie sal vererger en na toekomstige geslagte oorgedra sal word . “Die grootste probleem met die samelewing is tans ‘n gebrek aan aanspreeklikheid. Mense wat die dade gepleeg het, word nie aanspreeklik gehou nie. Indien dié situasie nie verander nie, gaan dit aan toekomstige geslagte oorgedra word”.
Steytler sê hy is egter bly om ‘n verandering tussen die houdings en benaderinge ten opsigte van die landbou tussen oud-pres. Thabo Mbeki se bewind, en dít van die huidige bedeling te sien en ervaar.
Hofsaak teen die staat
Steytler sê intussen het hulle hulle na die Hooggeregshof gewend om die Regering te dwing om die Lesotho-grenskwessie aan te spreek en op te los. Die saak, waarin die President, verskeie Ministers en departemente respondente is, kom op 22 April van dié jaar voor die hof.
“Vir 10 jaar is die stem van redelikheid deur onvermoë van die staat ondermyn! Ek wens die betrokke ministers was almal hier sodat ek dit vir hulle self kon sê! Verskeie gesprekke, vrae en onderhandelings het tot nou op dowe ore geval, en ons sal die saak tot in die Grondwethof vat as dit nodig is, because it has to do with my Africaness!” verduidelik Steytler.
Hy het boere ook aangemoedig om deel te word van die strukture in plek om hulle by te staan.”Laat ons saamwerk om strukture daar te stel om dié euwel teen te werk!”
8 Maart 2010
Kommentaar
Byna 'n jaar later .... Kom nou Louw Steytler, vertel ons van die hofsaak en vertel ons van die wat reeds gesterf het. En vertel ons dan sommer ook hoeveel dit beter gaan as 'n JAAR gelede.
En selfs my eie woorde was nie koud nie ...
Daar vind nou 'n groot mobilisasie plaas in stede. Weet nie van die platteland nie.
Dit sal nie help om kos te weerhou nie.Honger mense is desperate mense.Hoekom dink julle hou die regering die aremes onder die broodlyn terwyl hulle,hulle self vet voer.Want dit is n uitstekende manupilasie gereedskap.
Die manier om die regering aan die kort hare beet te kry is om geld van hulle te weerhou.Want dit is hulle mammon.Hulle aanbid geld en nogmaals geld.
Hoekom is die regering apaties oor plaasmoorde?
Want dit is die ANC wat in werklikheid agter die plaasmoorde sit.Dit is hulle wat dit aanmoedig.
Al wat sal help is 'n aksie program. Regering het vir 16jr nie geluister of iets gedoen nie, hoekom sal hul nou iets doen? ons sien hoe dit gaan en self doen ons niks, want ons is te bang. intussen moor hul on uit. Staak om vir hul kos te voorsien. kry 'n alternatiewe manier om produkte uit te voer, of iets van so 'n aard. dat honger hul leer hoe om 'n boer te waardeer en te respekteer.
Op watter stadium gaan hierdie mensies tot begryp dat praat en smeek en dreig en huil en kerm en kla net mooi niks help nie? Ek wil wed dat Steytler se woorde nognie koud was nie, toe word nog 'n boer vermoor ....
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)