Die Polisie in die Oos-Vrystaat is op soek na verdagtes na die moord op ‘n bejaarde egpaar van die plaas Poortjie tussen Senekal en Steynsrus. Sers. Majang Mosupa, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die distrik, sê die 65-jarige Koos van Zyl, en sy 60-jarige vrou, Rita, is vermoedelik gisteraand in hul huis vermoor.
‘n Plaaswerker het glo vanoggend op hulle lyke afgekom, waarna hy hulle bure van die voorval in kennis gestel het. Die bure het die SAPD na die plaas ontbied. Mosupa sê in dié stadium is daar nog geen duidelikheid oor die rede vir die aanval nie. “Die aanval was baie brutaal. Hy is doodgeskiet, en sy het verskeie steekwonde in die bors asook ‘n skietwond gehad”.
Dogter se voertuig gesteel
Mosupa sê die verdagtes het met die egpaar se dogter se voertuie op die vlug geslaan. Dit is ‘n rooi Chevrolet met registrasienommer BKC 816 FS. Hierdie is die eerste plaasmoord wat ivanjaar plaasgevind het.
Laat verlede jaar is Mnr. Pieter Snyman, ‘n plaasbestuurder van die plaas Blamoral naby Vivo in Limpopo, voor sy huis dood na hy deur vier mans aangerand is. Kort voor Kersfees is mnr. Renier Lamprecht, die eienaar van ‘n kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing, dood na hy tydens ‘n huisrooftog glo geskiet is.
6 Januarie 2010
Kommentaar
heb baaie simpatie vir nabestaandes mijn suster plot pretoria wes maak ons ook komer nis oor ower maar moet net aangaan en vertroue hebben wens alle zuidafrikaaners sterkte toe anny spronk uit holland
Rooibok:
Die inskrywing is nie om jou aante vat nie, maar om duidelikheid daar te stel.
Oor die algemeen kom aanvallers nie meer as een of twee nie, maar raak die groepe groter - winkelsentrum-rowe is dit so tussen 15 en 24 met grootkaliber wapens tussen hulle.
Maar jy as persoon of gesin word aangeval in jou huis of omgewing en dan moet jy CQB (Close Q ) tegnieke toepas. Jou aanvaller word nie onmiddelik buite aksie gestel as jy raakskit nie en die kanse dat jy in nog aanvallers kan in beweeg is daar.
Ekstra ammunisie, of magasyne vir pistole, is iets waarmee 'n wapenhandteerder nie sonder kan klaar kom nie.
Ook, nie elke rondte tref nie. Dat jy wel gaan vir tref skote is daar, maar ander faktore kom in aanmerking: vuur in beweging, dekkingsvuur, gerigte verskeidenheid teiken vuur en huisbeweging, om 'n paar te noem.
Vir die wat oor wapenhantering wil gesels derick.lagrange@yahoo.com
HI
Dit is vir my skokkend om oor die goed te lees, Ek self het nie plaas nie bly maar in die stad, Ek wil saam stem met van die kommentaar, dit gaan net erger word. Ek was nou die dag op n webwerf "die nuwe Suid Afrika" ek het seker vir n uur net in stilte bly sit in my studeer kamer na ek al daardie goed wat ek gesien het, wat daar is en wat gebuer.
Dit kan dalk makliker vir ons in die stad wees as vir julle daar buite of ons hier raak dit net soveel meer gewoond. Om die waarheid te se, kan ek nie een dag onthou wanneer ek nie deur die stad gery het en n S.A.P. voertuig gesien het wat een of ander plek afkordon het nie, nie noodwendig n moord nie.
Dan kry mens nuus berigte wat se CRIME IS GETTING BETTER ja ek stem saam beter in beplaning en uitvoering van die misdryf, Beter gewapen ,beter onsapings.
Ek stap nou in my dogtertjie se kamer in en sien haar waar sy haar teddie vas hou en slaap rustig en sonder bekommernis, kyk na my vrou wat op die bed le en boek lees en net vir my glimlag toe ek na haar staar. Ek kan my nie voorstel hoe hulle gebrande lyke moet lyk nie of vol gate gesteek is,
Na dat ons begin het met ons projek in Desember, maak ek elke dag tyd net om n sms vir my skoonouers te stuur op die plaas, Hulle was ook baie omgekrap toe ek gese het dat bianca nie vir hulle kan kom kuier op die plaas oor kerstyd nie, Ek dink ek het goeie rede om nie my kind so bloot te stel nie.
niks wat n mens se kan die pyn wegvat van die mense wat deur so iets geraak is nie. Maar hou vas mense ons kom en ons kom met n plan dit belowe ek julle
Groete
W. Rautenbach
Ons land moet op hulle knieë gaan. Ons foute herken. Pleit aan Sy voete vir verhifines dat Hy ons land kan genees. Dat God die enigste God is om te aanbid te loof en te prys. Ons moet elkeen selfondersoek doen. Hy is ons eenigste Middelaar. Glo dat Hy ons land regeer en Sy wil altyd sal geskied.
Boere wanner gaan ons opstaan en se genoeg is nou genoeg.Sit eerder verder en belowe jou agterent die saligheid en alles gaan regkom.
Ek het nuus vir julle Broers en Susters.Dit gaan nie vanself gebeur nie.Hier moet ons opstaan.Daar is n zulu aan bewind en onthou julle Piet Retief.
My hart gaan uit na die naasbestaandes.Dit kon net sowel my ma en pa gewees het.
Mense wanneer wil ons tot besef kom dat die ongewenste elemente besig is om ons afrikaners stadig is om ons uit te roei.
Wanneer gaan my Volk leer om ten alle tye paraat te wees. Dis mos nie wys om in die nag en innie donker sonder 'n Bull Terrier na buite te gaan nie. Ons leef in Leeuwêreld.
Ons is verlangs famillie en voel 'n groot seer in ons harte , ons voel saam met die famillie wat dit moet verwerk.Ek onthou hoe ons laas in 2006 ,allemaal saam op die tannies se 80ste verjaardag was
Dis n groot jammerte en ook n groot verlies, ons gebede gaan op vie die naasbestaande.Dit is nie meer n game nie, mense dit is n GROOT realityd. wat gaan ons doen?? NIKS!!Damm is jammer!! en ek se weer Hallo Zimbabwe!!
My hart is baie seer,en is woedend oor die mense wat moor[dalk n haat in my]die probleem is mense dink dit kan nie met hulle gebeur nie,dan gebeur dit[werklikheid]almal moet wakker skrik,en voorbereid wees vir die vyand,elke sekond,min,uur,wees bewapen met n vuurwapen 24uur[teminste staan jy n kans[dis of jy of hy]moenie huiwer,skiet om dood te skiet,en om seker te maak ,skiet jou magesyn leeg op jou vyand.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)