|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
In ‘n skokkende voorval in die Oos-Vrystaat wat die plaaslike gemeenskap geruk het, is ‘n plaasbestuurder doodgeskiet en sy broer swaar gewond ná ‘n skermutseling met twee aanvallers.
Mnr. Sean Schutte (36) en sy broer Louis (33), wat plaasbestuurders is op die Alpha-landgoed, naby Ladybrand in die Oos-Vrystaat, het twee mans probeer vastrek wat met ‘n pistool op die plaas opgedaag het.
Die twee aanvallers het in die rigting van die Caledonrivier gevlug, met die broers agterna op ‘n vierwielmotorfiets, aldus Volksblad. Die aanvallers is vermoedelik Lesotho-burgers.
Met hul aankoms by die Caledonrivier is Sean doodgeskiet en Louis swaar gewond. Volgens mnr. Bernard Maree, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het die swaargewonde Louis vergeefs probeer om sy broer se lewe langs die rivier te red.
Louis word tans vir sy wonde in die Bloemfontein Medi-Clinic behandel en is in ‘n ernstige toestand.
Bron: Volksblad
3 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Waarom sal die weermag die grense beskerm? As die weermag se grond by 'n veldbrand betrokke is moet die boere en die "working on fire"-span die veldbrande bestry want die weermag se mense is nie opgelei nie. Blanke boer het geen opleiding behalwe om planne te maak en te volhard nie.
Lesotho Grens
Die Vrystaat Regering het onderneem om hul plig teenoor belasting betalers na te kom deur die grens met Lesotho as sulks te respekteer deur die grenspad te herstel, SANW lede te ontplooi en 'n grensheining in die toekoms op te rig.
Die Probleem is nie meer steel van weiding nie. Dit is meer 'n saak van uittarting. Hoekom die SANW lede hier is weet ek nie . hulle ry 1 x elke twee weke verby met die R711 van Clarens na Fouriesburg terwyl daar openlike beweging oor die grens na Lesotho plaasvind. Op 1 Nov is twee donkies gesteel wat op 3 nov teruggekom het huis toe met hulle bekke toegedraai met telefoondraad.
Ons kan nie begryp wat die doel hiervan was nie. Gewone diefstal? Om 'n dier so te verniel, is om jou bloed te laat kook. Fotos van die diere se lyding is op Facebook te sien.
Amanda van Blerk
Die regering worry nie oor blankes in Suid Afrika. Hul worry nie eers oor hul eie mense wat vir hul stem. Mis het n voordeel dat dit gebruik word om voedsel te laat groei. Die mense aan die stuur van die regering is dit nie eers werd. Wonder wat sal gebeur as die belastingbetaler wat die land aan die gang moet hou ophou betaal?
Gaan kyk wie is die hoofde van die polisie en weermag. Hul is niks werd.
Dit is hoe die regering ons land se mense beskerm, hulle wil liewers aandag gee aan tolhekke wat vir hulle geld in bring sodat hulle meer kan kry. Dit is n skande dat die mense van die land so vermoor word met toestemming van die regering. Waar is al die lede van die weermag wat dae omsit en niks doen nie - einde van die maand kry hulle salarisse en dan sit hulle weer en niks doen nie. Hoekom word die lede nie ontplooi teen die grense van ons land nie? Dit is tog die regering se plig om sy mense te beskerm en daar is genoeg weermaglede om dit te doen. Dit is n absolute skande. Wanneer gaan ons besef dat alles net oor politiek gaan en basta met die belastingbetalers?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)