|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Ses boere is in Januarie vanjaar vermoor wat daartoe gelei het dat die TLU SA die waarnemende polisiekommissaris vir samesprekings genader het.
Luidens ’n verklaring het elf plaasaanvalle verlede maand regoor die land voorgekom. Die organisasie sê dié syfers staan in kontras met hul syfers van Januarie verlede jaar, toe een moord en drie aanvalle aangeteken is.
Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder, sê dit is duidelik dat die Strategie vir Landelike Veiligheid wat die SAPD verlede jaar van stapel gestuur het, nie die gewenste uitwerking het nie. “Daarom is dit dringend noodsaaklik om op konstruktiewe wyse te besin. Die offer wat onskuldige slagoffers moet maak, raak doodeenvoudig té groot.”
Mnr. Henk van de Graaff, assistent-hoofbestuurder van ledesake en kommunikasie, besoek tans verskeie belangegroepe in Europa om hulle oor moorde op plase in Suid-Afrika in te lig.
Aanval
Intussen is die polisie in die Wes-Kaap op soek na vier mans nadat ’n bejaarde egpaar op ’n plaas in die distrik Vredendal aangeval is. Luidens ’n berig in Die Burger het die groep maskers aangehad toe hulle die 81-jarige, afgetrede boer en sy 75-jarige vrou aangeval het.
Die inbrekers het die egpaar vroeg Donderdagoggend (2 Februarie 2012) wakkergemaak. Hulle het die huis deursoek en kontant en juwele gesteel.
Die egpaar is op hul bed met hul hande agter hul rûe vasgebind. Die egpaar het glo ’n sake-onderneming op die dorp, en is steeds woonagtig op die plaas nadat die boer afgetree het.
Veiligheid
Agri Wes-Kaap sê dít is die tweede aanval in die Vredendal-gebied waar ’n afgetrede, bejaarde egpaar in hul huis aangeval is. Me. Porchia Adams, skakelbeampte, sê: “Dit is uiters kommerwekkend dat die veiligheid van ouer mense op hierdie wyse bedreig word.
"Ons wil boere maan om die nodige veiligheidsmaatreëls op plase gereeld na te gaan en in werking te hou en om absoluut paraat te wees wat hul persoonlike veiligheid betref.”
Enigiemand met inligting oor dié voorval kan die Vredendal-polisie by (027) 201 3258 of kaptain Carin Loock by 082 469 3132 kontak.
Bron: Die Burger
3 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
En het almal vergeet van joosterbergvlakte hier was ook n wonderlike boer en eggenoot weg gevat en nog niemand is gevind nie dit het laas maand gebeur nog niks word van dit gese nie
En het almal vergeet van joosterbergvlakte hier was ook n wonderlike boer en eggenoot weg gevat en nog niemand is gevind nie dit het laas maand gebeur nog niks word van dit gese nie
Kan ons soos die vorige skrywer tereg skryf nie maar 'n plan maak nie? Want net as daar 'n teereaksie teen die boewe kom, sal die ANC keer. Netnou is ons ook op die bedreigde spesielys. Dis tog wat hulle wil hê, dink mooi!
Ek stem saam met jou Jean, al hoe dit gaan stop is as die boere(landbouers)hulle self beskerm en wys hulle is nie weerloos nie, kyk in die townships as die inwoners reg in eie hand neem,luister die gepeupel en stop die misdaad.
Ek is oorspronklik van Vredendal af. Ken persoonlik albei pare wat aangeval is. Hoop hulle vang die peste en lewer hulle aan die boere oor
Dis nou SA net soos die duitsers en jode ons word soos diere uitgeroei en niemand doen iets nie boere dis tyd dat ons die tuig optel en onsself verdedig want die ANC gaan ons nie beskerm nie
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)