Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Plaasskool-leer-almal-n-les

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Plaasskool leer almal 'n les

 
MARLEEN SMITH (msmith@landbou.com)

Vyf jaar gelede was die plaasskool Gelukwaarts tussen Van Stadensrus en Wepener in die Suid-Vrystaat 'n eenvertrek-gebou met 'n misvloer en sonder plafon. Dit het mnr. Daan Wilken, die skoolhoof, 640 bedelbriewe en twee jaar gekos om te kry wat hy wou hê: Ekstra klaskamers vir sy leerders.

Dié vasbyt het gewerk, want toe die National Union of Mineworkers (NUM) op een van die briewe reageer en drie klaskamers vir die skool aanbou, het ander groot skenkers ook na vore begin tree. Eskom het gratis krag aangelê, en ITCS, 'n Bloemfonteinse maatskappy, het rekenaars geskenk wat via satellietskottel met die internet verbind kon word. Uiteindelik het die Vrystaatse onderwysdepartement 'n verdere twee klaskamers aangebou.

Met skenker- en hul eie geld en die hulp van die ouers, meestal plaaswerkers, is die oorspronklike eenvertrek-gebou in 'n kantoor en personeelkamer verdeel. 'n Plafon, sementvloer en spoeltoilette is ingerig, en die vertrek is geverf en behoorlik gemeubileer.

Wilken, wat in die omgewing grootgeword het, het in 1997 by die skool betrokke geraak. Dit was as deel van die provinsiale onderwysdepartement se destydse "groen kol"-ontwikkelingprogram vir plaasskole. In 1999 het hy met die oog op die samesmelting van skole hoof van die plaasskole Gelukwaarts, Longlead en Sweetfontein geword, almal in dieselfde omgewing.

Teen daardie tyd het die 45 leerlinge in drie geboue op die drie plase skoolgegaan en Wilken se kantoor was op 'n ander plaas geleë.

Dieselfde jaar het NUM geld vir drie klaskamers geskenk, en die nuwe skoolgebou op die plaas Longlead van mnr. Piet Wessels is in Oktober amptelik in gebruik geneem. Almal het daarheen getrek.

Die aanvanklike 45 leerlinge en drie onderwysers het intussen tot 145 leerlinge en nege onderwysers gegroei. Onderrig word nou tot graad 9 aangebied, en nie meer net tot graad 7, soos vroeër, nie. Voorts het die onderwysdepartement onlangs ingestem om 'n graad R-onderwyser vir die skool aan te stel. Sedertdien is ál die Gelukwaarts-leerlinge nie meer net swart plaaswerkers se kinders nie. 'n Boer van die omgewing en 'n onderwyseres se dogtertjies is nou ook twee wit gesiggies in die graad R-klas.

Bykans die helfte van die skool se leerlinge ontvang remediërende onderrig om hul onderwys-agterstand uit te wis.

Wilken sê as hulle nog klaskamers en onderwysers kan kry, sal die skool maklik leerlinge kan kry wat tot matriek daar sal skoolgaan. Nou moet die leerders 22 km verder Van Stadensrus toe gaan vir die res van hul hoërskool-onderrig.

Boere uit ander distrikte, tot so ver as Smithfield, stuur plaaswerkers se kinders wat belowend presteer om by Gelukwaarts onderrig te ontvang. Wilken sê die skool huisves hulle op plase in werkershuise wat leegstaan. Teen R20 per maand kry hulle 'n gemeubileerde kamer met elektrisiteit en melk van die plaas. Hulle kry daagliks 'n ete van die provinsiale departement van gesondheid se voedingskema. Die res van hul kos stuur hul ouers saam.

Al Gelukwaarts se leerlinge, vanaf graad 2, ontvang vier periodes rekenaar-onderrig per week - twee ure in totaal - waarin hulle met 'n spesiale program hul leesspoed, woordeskat en Engels verbeter. Mev. Nicolette Fourie, 'n oud-leerkrag van die Oranje-Meisieskool in Bloemfontein en deesdae boervrou van die nabygeleë Zastron, gee die rekenaarklasse.

Gelukwaarts is eintlik 'n landbou- en hotelskool. Smiddae doen die leerlinge sweis- en houtwerk, werskaf in die skool se groentetuin en hidroponiese tonnels - wat hulle in 'n kompetisie gewen het - of gaan leer praktiese boerderywerk op plase.

Die hotelskool-leerlinge, onder die wakende oog van Wilken se vrou, Riana, het ook al vir 'n troue in die distrik reggestaan. Onlangs het hulle 350 onderwysers oor vier dae onthaal wat in Thaba Nchu vergader het. Die graad 8- en 9-leerlinge doen in Desember 'n praktiese leerlingskap in die hotel op Zastron.
Geldsinsameling vir die skool hou Wilken dag in en dag uit en ook week in en week uit besig, selfs ál is hy met vakansie. Omdat skenkers gewoonlik traag is om skole in landelike gebiede te help, vra hy hulp - in watter vorm ook al - van almal met wie sy skool sake doen. "Om op die platteland te oorleef, moet 'n mens maar dié benadering volg," sê hy.

Die sowat R75 000 (salarisse uitgesluit) wat die onderwysdepartement verlede jaar in Gelukwaarts belê het, het Wilken en sy personeel met meer as R200 000 se skenkings - waarvan 'n groot deel van oorsee - aangevul.

Deel van die nuttige hulp wat van buite bekom is, is van die Skotse nie-regeringsorganisasie Project Trust. Dié organisasie stuur voornemende onderwysstudente om in hul sogenaamde Gap-jaar - voordat hulle met naskoolse opleiding begin - by Gelukwaarts te kom werk. Hulle los mekaar op 'n permanente grondslag af.

'n Verdere nuttige skenking was vyf ton boeke, insluitend 'n kamer vol ou National Geographic-tydskrifte, wat Rotariërbeweging se tak in El Paso, Texas (Amerika), ingesamel en hierheen verskeep het. Die Rotariërbeweging se tak in Ladybrand het vir die vervoerkoste tot by die Gelukwaarts se nuwe biblioteek betaal. Dit was nadat Wilken op 'n vroeëre oorsese besoek lede van die El Paso-Rotariër-beweging ontmoet en hulle van sy skool vertel het.

Wilken voel sterk oor die behoud van plaasskole vir landelike gebiede en hul ekonomieë. Hy meen genoeg mense is op die platteland beskikbaar om in plaasskole te onderrig - hulle moet net behoorlike opleiding ontvang om multigraad-onderwys te gee.

Onderwysers word nuut toegerus

Eerder as om die kleiner plaasskole te sluit, volg die Wes-Kaapse departement van onderwys 'n omvattende program waarin onderwysers opgelei en toegerus word om multigraad-onderrig te gee. Dit staan as die multigraad-intervensie-program vir landelike skole bekend.

Tot sover is die Wes-Kaap al provinsie waar plaasskool-onderwysers opgelei word om meer as een graad te behartig, soos wat in die meeste plaasskole landwyd vereis word.

Dié program, nou in sy derde jaar, het 'n begroting van R5 miljoen. Die mense van die Wes-Kaap glo dit is die doeltreffendste manier om die bose kringloop van armoede en ongeskooldheid op die platteland te breek.

Me. Alixe Lowenherz, senior kurrikulum-beplanner in die departement, sê die intervensie-program is op skole met vier of minder onderwysers gerig. Altesaam 711 onderwysers van 227 skole in die provinsie het al die 9-maande-opleiding ontvang. Nog 159 onderwysers van 97 skole moet opgelei word.

Die program steun sterk op elektroniese tegnologie. Daarom begin die 9-maande-opleiding met 'n kursus in rekenaarvaardigheid. Die onderwysers kry hul kurrikulum-materiaal per e-pos of op 'n internet-webblad. Om vir swak plaas-telefoonlyne te vergoed, word dit ook op CD's aan hulle gestuur.

Die Kaapse Technikon bied die basiese opleiding in die vorm van 'n kursus van meer as 60 uur aan, en evalueer dan die onderwysers in die klaskamer voordat hulle 'n sertifikaat ontvang. Met die krediet wat hulle hiervoor kry, kan die onderwysers 'n gevorderde sertifikaatkursus in multigraad-onderwys aan die technikon volg. Dit word oor die internet gedoen en duur twee jaar lank.

Dr. Jurie Joubert van die technikon se fakulteit onderwys in Wellington sê anders as in 'n konvensionele klaskamer, is die multigraad-klaskamer besonder arbeidsintensief. Dit verg meer beplanning, versamelwerk en professionele ontwikkeling van die onderwyser. Konvensionele onderwyser-opleiding in Suid-Afrika maak nie hiervoor voorsiening nie.

Kurrikulums en handboeke wat bykans in geheel net vir monograad-onderrig geskryf is, bemoeilik dié onderwysers se taak verder, sê Joubert.

"So 'n onderwyser moet baie keer drie grade in een klas behartig, en dan ook nog al agt leer-areas. Hiervoor het hulle weinig of geen opleiding ontvang nie, en spesifieke leermateriaal is ook nie beskikbaar nie.

"Afsondering, lang afstande en sosiale en maatskaplike probleme op die platteland maak die taak van die multigraad-leerkrag een van die moeilikste in die onderwys," sê Joubert.

Hy meen die lees- en numeriese vaardighede van kinders in Suid-Afrika se multigraad-skole is minstens twee jaar agter dié van hul eweknieë in ontwikkelde lande.

Ongelukkig is geen nasionale beleid oor multigraad-skole al ooit opgestel nie, sê dr. Van As Jordaan, veteraan-onderwyskundige en projekbestuurder van die Wes-Kaapse program. "Daar word nou die eerste keer daaraan aandag gegee. Dié skole was nog altyd wegsteek-skole."

Jordaan glo daar is geen ander metode om landelike kinders se onderwysvlak op te hef nie as die benadering wat die Wes-Kaap volg nie.

Plattelandse leerders smaak min voordele

" Die vergete skole". Só beskryf 'n verslag van die internasionale groep Human Rights Watch die skole op Suid-Afrika se kommersiële plase. Luidens dié verslag van 59 bladsye, wat begin Junie vanjaar vrygestel is, verwaarloos die Regering dié skole só dat duisende landelike kinders 'n gebrekkige opvoeding kry.

"Plaasskool-kinders behoort ook die vrugte te pluk van Suid-Afrika se dekade van demokrasie. Nogtans het die vordering wat met openbare onderwys in ander dele van die land gemaak is, min voordele vir kinders op kommersiële plase gebring," sê Nobuntu Mbelle, Suid-Afrikaanse navorser by Human Rights Watch se Afrika-divisie.

16 Julie 2004

4.333335
 
 
  • 2490 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Laat-dragtigheid - die maak of breek-stadium
  • Kabelvanger
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction