Minstens vyf plaasaanvalle waarin drie boere vermoor is, het die afgelope paar weke skokgolwe deur die landbougemeenskap gestuur.
Agri SA meen daar is reeds vanjaar meer aanvalle as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar, maar ’n tekort aan amptelike statistiek in dié verband maak dit moeilik dit te bewys.
“Die situasie is onaanvaarbaar,” sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA. Hy het boere gemaan om paraat te wees en hulself só te posisioneer dat hulle teen misdaad kan optree.
“Die landbou is in ’n skaakmatsituasie en die onus rus op elke boer om te sorg dat sy of haar plaas veilig is.” Voorkomende optrede is nodig indien Suid-Afrika plaasaanvalle ’n nekslag wil toedien, sê mnr. André Botha, voorsitter vir van Agri SA se landelike beveiligingskomitee.
Toename
“Daar is jaarliks ’n toename in plaasaanvalle in Januarie en Februarie. Ons vermoed dít hou verband met die hoër ekonomiese druk waaronder mense dié tyd van die jaar verkeer,” sê Botha.
Botha sê ten spyte daarvan dat die landelike beveiligingsplan goedgekeur is, word dit nie na behore toegepas nie. “Volgens die plan moet daar deurlopend ’n patrollievoertuig in ’n distrik wees sodat onbekende voertuie dopgehou en verdagtes ondervra kan word. By polisiekantore word dié plan nie na behore uitgevoer nie. “
Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê die polisie het flink opgetree ná die moorde.
27 Januarie 2012
Kommentaar
Ons sal eers amper uitsterf voor ons wakker skrik!
My seun Johan is op 7 Des 2010 brutaal aangeval, met n 303, n 308 asook haelgeweer op n barbaarse wyse geskiet. die aanvallers is borgtog verleen, die aanvalswapens steeds soek. Oral loop ek my teen mure vas.My seun leef in vrees vir n moontlike herhaling. Wat staan n mens in so n geval te doen? Om te berus is uiters moeilik en te aanvaar ondenkbaar. Ons leef werklik in nsiek ontgogelde wereld.
flink opgetree na die moorde , genade tog hoekom tree hulle nie flink op VOOR die moorde nie , ek dink hulle te treurig daarvoor
Jammer om jul entoesiasme te demp, maar in ons land moet landbouers maar vir hulself sorg. Nadat 3 mense in ons distrik binne een jaar vermoor is op plase, het ons 'n veiligheidsplan uitgewerk en 'n persoon wat patrollies doen aangestel. Die landbouers betaal daarvoor. Veediefstal het afgeneem en daar was nog nie weer 'n plaasaanval nie. Hierdie veiligheidsman stel landbouers in kennis van moontlike bedreigings en van onveilige praktyke. Dit kos die landbouers egter heelwat geld, hoewel nie meer as 'n goeie veiligheidsdiens in die stad nie.
Ek vind dit kommerwekkend dat daar nie drastiese stappe geneem word nie!is ons boere volk dan so sleg vir die ekonomie dat hul sonder ons insette in die landbou kan klaarkom!vat Zimbabwe,boere uitgemoor en grond onteien!waar sit hulle nou?krepeer van die elende!is ons pragtige erfenis ook oppad soontoe!iemand gee my asb n antwoord?moet asb net nie k.k praat nie,daarvoor is ek al gatvol!nogmaals dankie vir die geleentheid om my meening te kon lig!
Daar word atyd verwys na " Statistieke ".... Wie se Pa, MA of Broer wil n statistiek wees? Plaasaanvalle neem toe op n astronomiese projeksie, tog doen die regering absoluut Niks aan die Beveiliging van die Boer nie
Wanneer een van hulle Doodgetrap word deur haar " comrades " omdat hulle te bang is almal kom nie deur n hek nie, dan gryp die staat in en dek ALLE universiteits onkostes plus die begrafnis ( die hele boksomdaais )...!??
Wanneer n Boer koelbloedig en wreedaardig vermoor word, word daar deur een of ander " minister van verdediging, of veiligheid " gese dat, hulle skerp gaan optree teen die goed, maar dan word die saak gesloer...meegesleur deur onkunde en lateraan word die bewyse " vermis " en en en ons almal ken hul ou holrug geryde sopstorie!
Daar is mense Baie na aan my in Senior posisies, en vir wie ek baie Respek en Liefde het, vir wie ek sal Opstaan en GEEN genade bewys teenoor n Plaasaanvaller nie! BELOFTE !!!
Wanneer gaan ons die " Oog vir Oog en Tand Vir n Tand " teorie begin toepas Boere? Ons kan nie meer terugstaan nie! Staan Saam in Vaders naam Asseblief!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)