|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Kommer is uitgespreek nadat ‘n plaaswerker in die Alldays-gebied naby Waterpoort onlangs aangeval is. Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van die TLU SA Noord, sê hy wonder wonder of ‘n nuwe vlaag aanvalle op plase sal ontstaan.
Luidens ‘n verklaring is die plaaswerker, wat in ‘n plaaswinkel werk en daar naby woon, deur drie mans - gewapen met AK 47’s - aangeval en in die kop geskiet. Die verdagtes wou glo die winkel beroof. Mnr. Doors Le Roux, voorsitter van die provinsiale veiligheidskomitee van die TLU SA Noord, sê die man het die plaasbestuurder van die aanval in kennis gestel en hy is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem waar hy behandel word.
Kommer oor brutaliteit
Mnr. Japie van der Goot, veiligheidsverteenwoordiger van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie, sê hy is baie bekommerd oor die mate van geweld wat met die aanval gepaard gegaan het. Hy meen ook die feit dat die aanvallers nog nie aangekeer is nie, is ‘n wesenlike gevaar vir die gemeenskap.
Le Roux het intussen ‘n uitdaging aan mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, gerig om eers onwettige wapens uit gemeenskappe te verwyder “voordat wetsgehoorsame burgers geteiken word vir ontwapening. Pogings van die Regering om wetsgehoorsame burgers te ontwapen word, met minagting verwerp”.
Hy sê die feit dat die verdagtes wat ‘n plaasbestuurder van Vivo in Desember vermoor het, nog nie opgespoor is nie, is ‘n bewys dat die Polisie nie oor die vermoë beskik om misdaad in die provinsie hok te slaan nie. Hy’t bygevoeg dat daar wel gebiede is waar misdadigers vinnig aangekeer word, soos in Baltimore en Koedoesrand.
Veiligheid eie verantwoordelikheid
Intussen sal die veiligheidstrukture wat van roterende groen ligte gebruik maak, die leemtes wat bestaan, probeer vul. Le Roux sê die komitee se beleid is om met die Polisie op alle vlakke saam te werk, maar dit beteken nie dat hulle bevel en beheer moet oorgee nie. Hy meen goeie samewerking met die Polisie moet ook nie gesien word as ‘n waarborg teen moord en doodslag nie.
20 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dit is nie genoeg meer om net beswaar te maak nie. Waarom word daar nie meer proaktief opgetree nie?.Bv die permanente aanstelling van n span speurders,regsgeleerders ea.om sake te ondersoek,borgaansoeke tee te staan en die kans op skuldigbevindings te verhoog.Maandelikse bydraes van boere,maatskapye,versekeraars,finansiele instellings kan die kostes help delg.Om terug te sit en vir regerings instansies te wag om hulp te verleen is om die minste te se belaglik.Kom ons staan saam en tree op!.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)