Groot kommer heers by die Noordwes se departement van landbou, omgewingsake, landelike- en omgewingsontwikkeling oor die gebeure wat sedert verlede naweek (3 April) verwant aan mnr. Eugene Terre’Blanche se moord in dié provinsie afgespeel het.
Luidens ‘n verklaring maan mnr. Boitumelo Tshwene, LUR vir landbou, die provinsie tot kalmte. Tshwene skryf die onlangse aanvalle op boere en plaaswerkers in die provinsie toe aan ‘n gebrek van selfbeheersing deur die betrokke partye.
Hy sê die doelwitte wat verlede maand tydens die provinsiale plaaswerkerskongres - wat die Regering aangebied het - vasgestel is, kan net bereik word indien boere en plaaswerkers saamwerk.
Platvorm vir kommunikasie bestaan
“Ons, as die Regering, het ‘n program daargestel wat daarop fokus om rolspelers, veral boere en plaaswerkers, met mekaar te laat kommunikeer oor kwessies wat hulle raak. Die voortgaande aanvalle op boere en plaaswerkers sal die proses net skade aandoen,” verduidelik Tshwene.
Hy vra boere en plaaswerkers om met mekaar saam te werk sonder om geweld te gebruik, aangesien geweld nie net vir die slagoffers slegte gevolge inhou nie, maar vir die hele landbougemeenskap.
“Hierdie is waarlik ‘n tyd wanneer ons mekaar moet ondersteun om te verseker ons het voedselsekerheid in die land. Ons pleit by boere en plaaswerkers om nie irrasionale en barbaarse besluite te neem en mekaar aan te val nie, want ons het mekaar nodig in die bedryf. Ons pleit ook vir verdraagsaamheid en dissipline,” sê Tshwene.
Lees ook:
Die gebeure
Terre’Blanche word vandag (9 April) op sy plaas, Witrandjiesfontein, naby Ventersdorp, ter ruste gelê. Hy is verlede naweek in ‘n plaasaanval vermoor. Twee plaaswerkers is aangekeer vir die moord.
Intussen is ‘n boer van Lichtenburg ook die afgelope week aangekeer ná bewerings dat hy sewe van sy plaaswerkers aangerand het. Hy het in die hof verskyn op sewe aanklagte van aanranding, ‘n klag van die rigting van ‘n vuurwapen en crimen injuria.
Volgens die Polisie het die boer in sy verklaring gesê hy wou slegs ingryp in ‘n onderonsie wat tussen die werkers aan die gang was. Die Polisie sê daar bestaan geen verband tussen dié voorval en Terre’Blanche se moord nie.
9 April 2010
Kommentaar
Die MEDIA moet stop om die boere as die kwaaijongens te wil uitbeeld. Sover my kennis strek werk die groter deel van boer/werker baie mooi saam. Daar word te veel gefokus op die KLEIN persentasie boere wat nie met hul werkers kan saamwerk nie. Julle as MEDIA is besig om die negatiewe kant van boer/werker aan te hits i.p.v. om die fokus te verskuif na die groter persentasie boer/werker wat goed saamwerk!!!!
Dit frustreer my dat daar goeie navorsing beskikbaar is oor menslike gedrag en ge-orkestreerde stigting van wanorde in Afrika (sien bv navorsing van Prof Waler Veith - soek op internet). Boere, boere-gemeenskappe en Suid Afrikaners van alkle rasse-groepe moet besef dat Sekulere Humanisme (wat so hedonisties in die hart en siel van Afrika se mense val)daarop gemik is om (wat o.a. landbou in Suider Afrika betref) te mislei. Plaasmoorde en grondhervorming word deur die misleide Afrikaan as onbewuste pion uitgevoer om homself in beide die maag en die kop te skiet. Dit gaan daaroor om die landbou in 'n land totaal te ontwrig, sodat die (ontwikkelde) land afhanklik is van manipulering en beheer deur middel van "voedsel sekuriteit" vanaf Europe, VSA of ander - wat dan om die beurt die land se bronne uitbuit en benut vir kontinente en ryk ekonomiee buite Afrika. Die hele SA bevolking moet wakker skrik - en ook BAIE meer vir ons self begin dink en doen. Afrika-denke is ongelukkig ideaal vir subversiewe planne. Boere - maak asb 'n plan, en nooi verdrukte boere in Afrika en Zimbabwe om hul ondervinding op u plase te kom toepas/bydra.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)