|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die vestiging van 'n bedryf vir biodiesel kan vir Suid-Afrika se boere groter moontlikhede vir produksie en inkomste skep.
Mnr. Neels Ferreira, ondervoorsitter van Graan SA, het gesê hulle onderhandel steeds met Sasol om só 'n bedryf te vestig. Daar is wêreldwyd 'n strewe na 'n skoner omgewing en dus skoner brandstowwe. By diesel dwing wetgewing gaandeweg laer swaelvlakke af en dit is ook Suid-Afrika se voorland. Een moontlikheid is om minerale diesel met biodiesel te meng.
Die vervaardiging van biodiesel uit landbouprodukte sal veral vir oliesadeprodusente tot groot voordeel wees, want hulle sal dan groot hoeveelhede kan produseer. Dit kan vir die land ook baie geld bespaar, aangesien Suid-Afrika tans heelwat aan die invoer van oliekoek vir dierevoeding bestee. Dit sal nie meer nodig wees as die boere genoeg oliesade verbou nie.
6 Februarie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24