22 Mei 2012

500 keer gelees | 0 kommentaar

Die pluimveebedryf moet self sy beeld opbou en ’n polisiëringsliggaam om die bedryf te reguleer, is nodig, sê Astral Foods.


Die pluimveebedryf moet self sy beeld opbou en ’n polisiëringsliggaam om die bedryf te reguleer, is nodig, sê Astral Foods.

Mnr. Chris Schutte, hoof uitvoerende beampte, sê berigte oor swak toestande of bestuur belemmer verbruikers se denke oor die bedryf vir ’n lang tyd.

’n Voorbeeld van so ’n situasie is die berig oor hoenders wat glo in haglike toestande op ’n Fairacres-plaas in Mpumalanga aangehou word. Die berig het in Rapport verskyn. Die koerant het glo foto’s ontvang, wat sowat ’n jaar oud is, wat deur ’n oud-werknemer op die plaas gestuur is.

“Foto’s soos dié is skokkend en totaal onaanvaarbaar,” sê Schutte. “Daar bestaan reeds wankelrige opvattings onder verbruikers oor alle hoenders wat in klein koue aangehou word of met hormone ingespuit word.

"Ek kry nou nog vrae van mense wat dink dit is die algemene gebruik terwyl die stories oor geïsoleerde gevalle jare gelede al in die media verskyn het.”

Beeld
Schutte sê dié ongunstige beeld van die bedryf sal in die openbaar bly tot die bedryf self inspring en dit verander. “Ons moet byvoorbeeld meer ope dae hou om mense in te lig oor ons doen en late en die streng gesondheidsregulasies waaraan ons moet voldoen.”

Volgens Schutte is dit ook belangrik dat elke verskaffer in die bedryf jaarliks ’n oudit deur ’n onafhanklike inspekteur of instansie laat doen om seker te maak alles is op standaard. Hy sê meer moet ook gedoen word om ’n reguleringsliggaam vir die bedryf op die been te bring.

“Ons volg ’n werksmetode dat geen gebreke by ’n aanleg of plaas mag bestaan nie. Dit beteken geen foute mag bestaan ten opsigte van voer, beligting, lug, water en sanitasie nie. As sulke foute bestaan, gaan jou produksie nie na wense wees nie,” sê Schutte.

Bron: Rapport

22 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights