Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Pluimveebedryf-verbod-slaan-nie-hard

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Pluimveebedryf: Verbod slaan nie hard

 
Deur ALANI JANEKE

Die verbod op die uitvoer van pluimvee wat verlede week ingestel is, slaan nie die pluimveebedryf hard nie, sê die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging (SAPA).

Die verbod is ingestel nadat die H5N2-stam van voëlgriep by volstruise naby Oudtshoorn gevind is. Mnr. Kovin Lovell, uitvoerende hoof van SAPA, sê verliese vir die totale bedryf is minimaal. “Altesame 17 000 ton pluimveevleis is verlede jaar uitgevoer, terwyl die totale produksie vir 2010 1,6 miljoen ton beloop het.”

Lovell sê dit is die derde keer in vyf jaar dat ’n vorm van voëlgriep in die land voorkom, maar dit is nog nie een keer in hoenders gevind nie. Volgens Lovell kan die verbod wel ondernemings wat op uitvoer konsentreer, hard slaan.

Zimbabwe se grens

Intussen sê mnr. Chris Schutte, die hoof uitvoerende beampte van Astral Foods, hulle het sowat ’n week se uitvoer na Zimbabwe verloor. “Zimbabwe het Donderdag (21 April) laat aangedui dat hy weer hoendervleis wat nie van die Wes-Kaap kom nie, sal aanvaar.” Hy sê die maatskappy se verliese is minimaal.

Hoop vir vinnige herstel

Mnr. Anton Kruger, die uitvoerende hoof van die Volstruisbesigheidskamer, sê hulle hoop dat die verbod so spoedig moontlik opgehef sal word, want vir elke maand wat die verbod geldig is, verloor die bedryf R108 miljoen aan uitvoer. Die uitvoer van velle en vere kan wel steeds voortgaan.

Kruger sê die sowat 5 000 volstruise wat verlede week van kant gemaak moes word, se velle en vere kon gebruik word en die boere is ten volle vergoed vir die diere. 'n Volstruis is gemiddeld R2 200 werd. “Die vleis moes wel teen 100 grade Celsius gaargemaak word en dit sal in troeteldierkos gebruik word. Ons vermoed die siekte is deur wilde voëls aan die volstruise oorgedra, aangesien daar internasionaal sulke tekens bestaan,” verduidelik Kruger.

Die werkers

Intussen het me. Patricia de Lille, die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, en mnr. Gerrit van Rensburg, die Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, aangekondig dat ’n spesiale taakspan na die lot van werkers wat deur die verbod geraak word, sal kyk. Die plaas wat geraak word, sal moontlik drie maande buite aksie wees. Dit verskaf werk aan sowat 120 mense.

Die plaaslike slagplaas, wat ’n inkomste aan 600 werknemers verskaf, asook ses ander slagplase se bedrywighede sal ook stilstaan totdat die verbod opgehef is.

26 April 2011

0
 
 
  • 1300 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Daaglikse Nuusbrief (edition 9)
  • Daaglikse Nuusbrief (edition 50)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction