|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Meer as 13 000 Polisiewapens het die afgelope vyf jaar verlore geraak, met sowat 2 600 van die wapens wat verlede jaar verloor is, sê die Demokratiese Alliansie (DA).
Luidens ‘n verklaring is dít die statistieke wat mnr. Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, bekend gemaak het in antwoord op ‘n vraag van die die DA.
Volgens die party lei dié nalatigheid tot verdere misdaad in die land, terwyl die SA Polisiediens vroeër dié jaar 4 000 nuwe wapens teen sowat R16 miljoen wil aanskaf.
In KwaZulu-Natal het die aantal verlore wapens met 138% toegeneem, oftewel van 353 in die 2008/09 boekjaar tot 840 in 2009/10. Die Oos-Kaap het die meeste wapens, 1 708, oor die afgelope twee jaar verloor. In die Wes-Kaap is die minste wapens verloor - in die afgelope boekjaar is een wapen vir elke 276 polisiebeamptes verloor.
Minister baie ontevrede oor situasie
Intussen is mnr. Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, eerg ontevrede oor die groot aantal wapens wat deur polisielede verlore raak. Luidens ‘n verklaring het Mthethwa sy ongelukkigheid bekend gemaak ná bewerings van ‘n groot aantal verlore wapens by die Inanda-polisiestasie in KwaZulu-Natal.
Volgens die departement is die provinsies waar die meeste wapens verloor word, KwaZulu-Natal, die Wes- en Oos-Kaap en Mpumalanga. Mthethwa het gevra vir strenger maatreëls om te verseker dat beamptes groter verantwoordelikheid en rekenskap vir hulle wapens aan die dag lê.
Opspoor van verlore wapens
Volgens Mthethwa is 275 verlore Polisiewapens in die afgelope boekjaar gevind, terwyl 290 in die 2008/09 boekjaar teruggevind is.
“Terwyl ons stadige verbetering in die opsporing van verlore wapens sien, is ons nog nie tevrede nie. Totdat ons geen meer wapens verlore laat gaan, sal ons voortgaan om die skroewe vas te draai en ernstiger strawwe toe te pas,” sê Mthethwa.
2 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Mense hierdie wapens is nie verloor nie. Hierdie wapens word deur die lede aan skelms verkoop om misdaad te pleeg soos plaasaanvalle. Daar moet ook spesifiek gekyk word na die R5 en R4 gewere wat weg is by die SANW, julle sal skrik indien julle daardie eerlike statistieke het.
Ek sou dink dat so n lid van die polisiediens strafregtelik aan gekla moet word. En so n lid moet dan die wapen teen n mark verwante prys terugbetaal,(Alles op een slag) en geen af betalings moet geduld word nie.
Me Joema Petersen moet dan tog asb nie se ons moet ons wapens ingee en ontslae van raak om die regering te steun vir 'n wapenvrye Suid Afrika nie, want dan is sy die kluts heeltemal kwyt. Ek stem saam dat dit die verantwoordelikheid van elke gesin is om homself teen misdaad te beskerm en homself daarvoor toe te rus.
Al wat ek kan se is kry vir al jou familielede wapens. Op die manier kan ons weer ons wapens behou, ons weet tenminste om die goed te bewaar en reg te gebruik, goeie punt daai van geen vervolging teen n lid nie dalk n skorsing maar dan het hy n wapen en dit nie gekoop of n lisensie daarvoor nie.
Nou wil hul hul tyd en geld spandeer om ons te ontwapen...my maggies, kan hulle nie n plan maak met die onbevoegde spul skelms in hul midde nie?
As oud SAP-lid wil ek braak as ek hierdie gemorsspul se optredes aanhoor...waar gaan dit eindig?
As ek my wapen verloor gaan ek heelmoontlik onbevoeg verklaar word om 'n wapen te besit.
Die SAPD lid "verloor" sy wapen en dan word hy met 'n nuwe wapen uitgereik ?
Dis mos 'n duidelike teken dat die hele nuwe vuurwapenwet nie oor die beheer van wapens gaan nie maar oor die ontwapening van 'n sekere deel van die bevolking.
verloor of verkoop wat van die wapens wat vir veilige bewaring by polisie ingehandig is waar beland dit?
Lagwekkend! Is dit verloor of weggegee?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)