|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Australië en Suid-Afrika het kragte saamgesnoer om die posisie van die rooivleisbedryf in albei lande te bevorder, sê dr. Peter Barnard, bestuurder: ekonomiese beplanning en bemarkingsdienste by Meat and Livestock Australia Limited (MLA), in 'n persverklaring wat in Sydney uitgereik is.
Dié verklaring volg op die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding deur verteenwoordigers van die Australiese rooivleisbedryf en die voorsitters van die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusente-organisasie en die organisasie vir ontwikkelende rooivleisboere (Nerpo). Die doel is nouer samewerking tussen dié lande met spesifieke verwysing na aspekte soos marktoegang, bemarking en veenavorsing.
"Op 'n bepaalde vlak is dié twee lande mededingers, maar staar tog dieselfde uitdagings in die gesig. Aspekte soos handelsbelemmering, produktiwiteit in die bedryf en die dalende verbruik in gevestigde westerse markte moet wêreldwyd deur die bedryf aangepak word -- samewerking waar moontlik maak dus sin," sê dr. Barnard.
Mnr. Fanie Nieuwoudt, nasionale voorsitter van die RPO, het op dieselfde geleentheid gesê Suid-Afrika hoop om die navorsing met betrekking tot die MLA se suksesvolle reklameveldtog met die tema, Red Meat Feel Good, ook in Suid-Afrika te gebruik om dalende verbruik te stuit.
Mnr. Bill Whitehead, president van die Australiese Skaapvleisraad, het die ooreenkoms verwelkom.
16 Mei 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24