Deur LUCILLE BOTHA
14 Mei 2012

766 keer gelees | 2 kommentaar

Bykans ‘n derde van maalvleis wat in ‘n studie ontleed is, is met vark- of hoendervleis gemeng, of het daarmee in aanraking gekom.


Bykans ‘n derde van maalvleis wat ontleed is, is met vark- of hoendervleis gemeng of daarmee besmet, het ‘n voorlopige studie bevind. Dit sal oor die volgende paar maande deeglik ondersoek word.

Volgens prof. Louw Hoffman, professor in vleiskunde aan die Universiteit van Stellenbosch, is die US ná die halaal-skandaal vroeër vanjaar genader om DNA-analises van maalvleis en wors te doen. “Byna 30% van die produkte het varkvleis bevat,” het hy by die Rooivleis en Abattoirvereniging se konferensie op Stellenbosch gesê. Dit is nie op die etikette aangetoon nie.

Me. Donna Cawthorne, ‘n PhD-student, het ‘n loodsstudie onderneem om vas te stel of dit werklik ‘n probleem is. Sy het ‘n klein steekproef by ‘n paar winkels geneem. Sy is huiwerig om ‘n syfer te noem, maar sê “daar was ‘n hoë teenwoordigheid van vark- of hoendervleis” in die maalvleis en wors. Dit het haar aangevuur om ‘n deeglike studie te doen.

Verskillende provinsies
“Daar is beslis ‘n probleem,” het sy aan Landbouweekblad gesê. Cawthorne sal oor die volgende twee maande meer as 100 monsters van verskillende provinsies toets.

“Dit is moeilik om te sê of die vark- en hoendervleis bygevoeg is en of die maalvleis daarmee in aanraking gekom het deur slaghuise en verwerkingsaanlegte se toerusting wat nie skoongemaak word nie,” het sy gesê.

“Streng gesproke is dit vanuit ‘n geloofs- en gesondheidsoogpunt nie reg nie. Die vleisbedryf sal met my argumenteer, maar as daar spore van hoender of vark in die produk voorkom, moet dit op die etiket verklaar word.”

Volgens mnr. John Durr, voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die RPO, is hulle nie tans bekommerd oor dié praktyke nie. Hy sê dit kan wel vir seker geloofsgroepe ‘n probleem skep, maar supermarkte is veronderstel om halaal-vleis afsonderlik te hanteer.

14 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Verwarde Melkboer

2012/05/15 07:18:47 PM

Ek glo dit nogal as ek sien dat sekere supermarkte skaap as lam verkoop.


Frans Boer

2012/05/15 02:07:05 PM

Dis jammer dat die media dit nou al uitbasuin, want toetse oor die volgend maand sal nou verskil van die werklike stand van sake. Dis geen wonder dat daar 'n oorskot van beesvleis nie, as daar vir die publiek gelieg word oor wat hulle koop. Ek hoor al die geskarrel om die verliese te beperk wat gelei gaan word oor die goedkoop vark en water-hoender en wie weet wat nog alles, wat vir 'n volle maand lank nie as bees verkoop kan word nie. Weereens is die vleis bedryf in 'n slegte lig as gevolg van 'n handjie vol gierige onetiese bedrieërs. Ek hoop dit bly nie net by statistieke nie en dat hierdie bedrog stopgesit sal word. Mnr. Durr, jou uitsprake is beslis nie eties nie en jy praat nie namens ons beesboere nie. Dankie prof. Hoffman en jou span!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights