Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Probleme-vir-graanboere-weens-produksiekontrakte-0

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Probleme vir graanboere weens produksiekontrakte

 
NICO VAN BURICK

Graan SA het boere weer gewaarsku dat produksiekontrakte wat deur sommige kopers en handelaars in die mark aangebied word, ernstige probleme vir graanboere ingevolge die BTW-wet kan skep.


Dié waarskuwing volg op 'n gesprek van Agri SA en Graan SA met die Nasionale Tesourie oor die implikasies van sulke produksiekontrakte en 'n vorige waarskuwing van Agri SA.


Mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan SA, sê sekere kontrakte wat graanboere as kontrakteurs in die produksieproses sluit, veroorsaak dat die BTW-status van dié boere en hul ondernemings in die gedrang kom en selfs kan verval.


"In sulke gevalle kan hierdie kontrakte ernstige gevolge vir boere inhou. Omdat die dieselkorting deur die BTW-stelsel geadministreer word, kan dit ook die registrasie van graanboere om vir die dieselkorting in aanmerking te kom, in gevaar stel."


Mnr. Botma sê hierdie praktyk is onaanvaarbaar en het gewaarsku dat dit die dieselkorting wat die landbou ontvang, in gevaar kan stel. Volgens hom het Graan SA se kongres reeds by meer as een geleentheid sedert die herinstelling van die dieselkorting in 2001 hom daartoe verbind om geen praktyk toe te laat wat die dieselkorting in gevaar kan stel nie.


Boere word ernstig aangeraai om hulself deeglik te vergewis dat enige produksiekontrak eers vooraf deur die SA Inkomstediens goedgekeur is, voor hulle hulleself daartoe verbind. Mnr. Botma het graankopers en -handelaars se samewerking gevra.


Mnr. Johan Pienaar, direkteur van ekonomie en handel by Agri SA, het gesê die probleem hou verband met die definisie van 'n ondernemer in die BTW-wet. Dit bepaal onder meer dat die ondernemer moet lewer of verkoop. As 'n boer bloot as 'n kontrakteur sou optree, sal sy BTW-status in gedrang kom.

21 November 2003

0
 
 
  • 2138 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Blitsige aandetes
  • Die beste beskuit
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction