|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Makadamianeute wat nie uitgevoer kon word nie weens Transnet se onlangse staking, staan steeds in die land se hawens.
Mnr. Allen Sutton, eienaar en besturende direkteur van Sabi Valley Macadamia, sê die agterstand in sy uitvoer behoort eers oor twee weke uitgewis te wees.
“Die oorskot neute wat na die hawe vervoer is, sal seker so oor twee weke uitgevoer wees. Ons laai tans vraghouers en elke dag gaan ‘n besending neute uit, so die oorskot krimp darem,” sê Sutton.
Verlies van miljoene rand
Sutton skat dat die staking sy onderneming R6 miljoen gekos het. Hy sê 58 boere lewer makadamia's aan hom, en hy weet nog nie hoeveel skade hulle gely het nie. Hy het in die derde week van die staking gesê dat dit die makadamiabedryf in die Hazyview-omgewing reeds miljoene gekos het.
“Ons het baie sakebelange verloor, maar dinge begin nou weer na normaal terugkeer. Daar is egter baie kontrakte gekanselleer omdat ons nie betyds kon aflewer nie. Ons gaan nou weer daardie bande moet probeer opbou en die kontrakte terugwen.”
Die landboudepartement het ook in die derde week van die staking aangekondig dat die landbousektor toe reeds ‘n verlies van R1 miljard gely het. ‘n Finale bedrag is nog nie bekend nie. Landbou.com wag vir terugvoer van Agri SA oor ‘n opname van verliese wat deur die organisasie onderneem is.
30 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)