|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
’n Styging in produktiwiteit is ’n vereiste waarsonder grondhervorming in Suid-Afrika nie sal kan slaag nie.
Mnr. JP Landman, ’n politieke ontleder, sê daar is ’n duidelike onderskeid te tref tussen mense wat bloot die grondhervormingsproses ondersteun en dié wat met voorstelle vorendag kom.
Hy sê markgerigte oplossings van mense wat die landbou ken, is onontbeerlik. Hy het op die kongres ’n pleidooi gelewer vir ’n proses, soos die Kodesasamesprekings.
“Gaan Suid-Afrika se boereentrepreneurs hul eie heil ten opsigte van grondhervormingsoplossings uitwerk, of gaan hulle wag dat dit vir hulle gedoen word?” vra Landman.
“Ek voorsien dat indien die Suid-Afrikaanse ekonomie bly groei en steeds in die maatskaplike kapitaal van sy bevolking bly belê, sal die land die toekoms met vertroue tegemoet kan gaan.”
18 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)